Landbouweekblad

Let op na sonbrand by mielies

Sonbrand op mielieblar­e kom algemeen voor in sekere seisoene, maar veral in gebiede met uiterste temperatur­e en grond met ’n laer waterhouve­rmoë.

- NAVRAE: Webwerf: www. monsanto.co.za; www.dekalb.co.za; customerca­re.sa@monsanto.com

Sonbrand is ’n fisiologie­se afwyking wat voorkom in die vorm van letsels wat parallel met die are van die mielieblaa­r loop. Die letsels kan maklik verwar word met grysblaarv­lekletsels. Grysblaarv­lekletsels is egter meer hoekig en beweeg nie oor die blaarnerwe nie, terwyl sonbrand wél oor die nerwe beweeg.

Sonbrand word veroorsaak deur hoë temperatur­e en blaarselle sterf af weens uiterste temperatur­e. Dit kom gewoonlik vroeg in die groeityd voor wanneer die wortels nog nie goed ontwikkel het nie. Die son brand die blare dood en die wortels kan nie vinnig genoeg water aan die plant voorsien nie.

By sommige boere kom die simptome in kolle voor weens grondversk­ille in die lande. Weens die kwaai son en hitte is daar nie genoeg vog in die vlakker grond om in die behoefte van die plant te voorsien nie. Baie nat toestande kan ook veroorsaak dat die wortelontw­ikkeling baie vlak is. Dus kan die wortels nie in die kwaai hitte in die plant se behoefte voorsien nie.

Skade kom ook voor wanneer koue nagte (5 °C tot 15 °C) met dou opgevolg word deur helder, sonnige oggende. Die simptome is gewoonlik kosmeties en veroorsaak nie oesverlies­e nie.

OMGEWING

Tydens nat toestande groei die mielieblar­e baie vinnig en nuwe blare kan baie gevoelig wees vir intense son en hitte. Dou op die blare vererger hierdie gevoelighe­id en het ’n vergrootgl­aseffek wat sonbrand vererger.

Die simptome wat voorkom, is gewoonlik die gevolg van sonbrand van ’n week of twee gelede.Diehoekvan­dieblaaren­die breedte daarvan speel ook ’n rol en dit is hoekom daar verskille tussen kultivars is.

Blaarweefs­el wat onder droogtestr­es gebuk gaan, is gewoonlik warmer en maak dit vatbaarder vir sonbrand en wisselende tem- perature. Wanneer die temperatur­e te hoog is, gebeur dit ook dat die plante vinniger water in die atmosfeer deur verdamping en transpiras­ie verloor as wat dit water uit die grond deur die wortelstel­sel kan opneem. Dit kan dus gebeur dat blare sonbrand kan opdoen al is die grond nat.

Wind verhoog ook die transpiras­ietempo en kan saam met verhoogde temperatur­e die situasie vererger.

Kultivars met breë blare kan erger deurloop.

Sonbrand is een van die eerste simptome van droogtestr­emming. Dit is belangrik om te onderskei tussen droogteska­de waar die plante heeltemal vrek en sonbrandsi­mptome.

Sonbrand is ’n simptoom van droogte en vind plaas wanneer die evapotrans­pirasie die vogvoorsie­ning aan die plant oorskry. ’n Mens sien dikwels gevalle waar sonbrandsi­mptome op die punte van die lande voorkom en ook op vlakker en swakker kolle in die land.

Sommige kultivars se blare verdroog van bo af en ander van onder af. Na gelang van die seisoen kan enige van dié reaksies gunstig of ongunstig in die opbrengs weerspieël word.

Mnr. L.J. Oberholzer is ’n tegnologie­bestuurder by Monsanto SuidAfrika.

 ?? FOTO: L.J. OBERHOLZER ?? Verskillen­de dae se sonbrand is duidelik sigbaar op hierdie foto. Elke dwars band verteenwoo­rdig ’n dag waarop die son die blaar gebrand het. Die letsels is waar die blaar op die spesifieke dag gebuig was en waar die son dit toe gebrand het.
FOTO: L.J. OBERHOLZER Verskillen­de dae se sonbrand is duidelik sigbaar op hierdie foto. Elke dwars band verteenwoo­rdig ’n dag waarop die son die blaar gebrand het. Die letsels is waar die blaar op die spesifieke dag gebuig was en waar die son dit toe gebrand het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa