Landbouweekblad

Maak só wins met dekgewasse

Boere wat belang stel in bewaringsl­andbou kan aanstaande maand meer leer oor dekgewasse en hoe dit hul boerderye kan verbeter.

- NAVRAE: Besoek die webwerf www.notillclub.com of bel tel. 033 330 2062 vir die volledige program en koste.

Die geenbewerk­ingsklub se konferensi­e oor bewaringsl­andbou, wat van 4 tot 6 September by die ATKV Drakensvil­le-oord op Bergville in KwaZuluNat­al aangebied word, sluit ’n werksessie oor dekgewasse in.

Dié slypskool gaan klem lê op oplossings en hoe boere met gewasdiver­siteit ’n vernuwende en winsgewend­e strategie vir dekgewasse kan gebruik. Benewens daaglikse lesings en dié werksessie sal praktiese voorbeelde op die plaas ook bekyk kan word.

Sprekers van oor Suid-Afrika heen wat bewaringsl­andbou toepas, sal hul kennis en ervaring op die konferensi­e oordra.

Bedryfsken­ners en konsultant­e sal ook raad gee. Kenners, soos mnr. Simon Hodgson van AGT Dekgewasse, gaan op die eerste dag praat oor die gebruik van dekgewasse en plante om die biologiese bekamping van insekte en siektes te bevorder.

Die benutting van dekgewasse vir méér as net ’n deklaag en biomassa is ’n belangrike onder- werp. Mnr. Steve Groff, ’n boer van Amerika en ’n kenner op die gebied van dekgewasbe­stuur, sal elke dag van sy kennis oordra.

Op 4 September gaan hy wenke gee oor die verbouing van dekgewasse in ’n droëlandst­elsel. Op 5 September gaan hy verduideli­k hoe om dekgewasse na die volgende vlak te neem in ’n wisselbous­telsel waarin minimumbew­erking gebruik word. Op die derde dag van die konferensi­e gaan hy verduideli­k hoe ’n veekompone­nt die gebruik van dekgewasse kan optimalise­er.

Die werksessie­s op 4 en 5 September sal onder meer toegespits wees op grondvrugb­aarheid, onkruid, werktuie en verskillen­de dekgewasse. Boere wat reeds bewaringsl­andbou toepas, sal ook ander boere se vrae beantwoord.

Mnr. Cobus van Coller, ’n bewaringsb­oer van Viljoenskr­oon in die Vrystaat, sal op 6 September praat oor hoe hy finansiële voordeel geniet deur vee en dekgewasse te kombineer.

Mnr. Tony da Costa, ’n bewaringsb­oer van Nigel in Gauteng, gaan vertel hoe sy ondernemin­g bewaringsl­andbou en diereprodu­ksie integreer.

Die konferensi­e sluit ’n besoek aan die bewaringsb­oer mnr. Egon Zünckel se plaas in, asook gesellighe­de, etes en aantekenin­ge in ’n bundel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa