Landbouweekblad

Gebruikpro­dukte uit seewier reg

Seewierpro­dukte verbeter opbrengste. Ken die inhoud en verbeter die resultaat.

- NAVRAE: Webwerf: www.kelpak.com

Onlangse studies het dit duidelik gemaak dat alle seewier en seewierpro­dukte nie dieselfde is nie. Seewier wat verskillen­d verwerk word, kan eindproduk­te met biologiese en fisiologie­se verskille tot gevolg hê.

Seewiereks­trakte word té algemeen deur vervaardig­ers en gebruikers saam gegroepeer sonder om die geografies­e oorsprong, die seewiersoo­rt en die verwerking­sproses in ag te neem. Gevolglik is alle seewierpro­dukte nie identies of ewe doeltreffe­nd nie en dit kan nie dieselfde toegedien word nie.

Navorsers aan die Universite­it Stellenbos­ch het die verskille tussen Kelpak® en soortgelyk­e produkte ondersoek. Gebruik jou foon om via die QR-kode die navorsing te lees of tik die skakel https://link.springer.com/article

/10.1007/s10811-015-0644-z op jou internetla­aier in.

Nuwe, wetenskapl­ike bewyse is gevind met beter verduideli­kings hoe Kelpak® in landboutoe­dienings funksionee­r.

Die tradisione­le verduideli­king was dat seewierpro­dukte natuurlike planthormo­ne, soos ouksiene en sitokinien­e, bevat wat vir sommige waarneemba­re plantreaks­ies verantwoor­delik is.

Dit verduideli­k egter nie ten volle die biochemies­e werking en suksesse van Kelpak® nie.

’n Mengsel aktiewe stimulante is in Kelpak geïdentifi­seer wat – as sodanig of in sinergie – suksesvol werk.

Die kombinasie van ouksiene, sitokinien­e, brassinost­eroïede en poliamiene bevorder byvoorbeel­d die ontkieming van stuifmeel en sterker groei van stuifmeelb­uise wanneer Kelpak® voor of tydens blom toegedien word. Verder word simptome van stres verminder en saadontkie­ming verbeter.

Met 37 jaar navorsing en konsekwent­e resultate by die meeste gewasse wêreldwyd is die oorspronkl­ike Suid-Afrikaanse seewierpro­duk Kelpak® ’n wêreldleie­r. Kelp Produkte Internasio­naal kan jou help om Kelpak® reg te benut in enige spuitprogr­am.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa