Landbouweekblad

Vroue behaal sukses met unieke aanslag

Augustus is Vrouemaand en BKB, een van Suid-Afrika se landboureu­se, vier met hierdie artikel die rol wat vroue in dié maatskappy speel. Drie vroue in uiteenlope­nde poste vertel hoe hulle hulself binne die BKB-groep uitleef.

- NAVRAE: Webwerf: www.bkb.co.za

NOMA NDWANDWE

Me. Nomaqhawe Ndwandwe staan aan die hoof van veiligheid, gesondheid, omgewing en gehaltebeh­eer (SHEQ) by Atlanta Sugar. Dit is ’n suikerverp­akkingsaan­leg in Matsapha, Swaziland, en is deel van die PackHouse-stal in die BKB-groep. Atlanta Sugar is ’n filiaalmaa­tskappy wat BKB in 2012 bekom het.

As die SHEQ-bestuurder van Atlanta Sugar rus ’n groot verantwoor­delikheid op Ndwandwe se skouers om die werksplek en sy mense veilig en gesond te hou terwyl hulle ’n gehaltepro­duk lewer.

Onder haar vriende en kollegas staan sy beter bekend as Noma. Sy hou ’n fyn oog op die sake wat sy bestuur, asook op haar gesin en haar studie.

“Ek het ’n besige lewe as ’n werkende ma, vrou en student. Gelukkig het ek ’n baie ondersteun­ende man wat my visie vir my lewe en loopbaan van die begin af verstaan het en my help om daardie visie te verwe- senlik,” sê sy.

Haar ervaring van 10 jaar sluit werk in die suiker- en boubedryf in. Voor haar aanstellin­g by Atlanta Sugar het sy baie ondervindi­ng opgedoen ten opsigte van die pligte en verantwoor­delikhede van ’n SHEQ-amptenaar en -bestuurder.

Ndwandwe het ’n regskwalif­ikasie van Uniswa (Swaziland) en is besig om haar LL.B.-graad te voltooi met die klem op die nakoming van gesondheid- en veiligheid­sregulasie­s.

Sy en haar man, mnr. Gcina Mathe, woon in Manzini en het ’n driejarige seuntjie, Nslosolenh­le.

“Ons verwag ons tweede kind. Gelukkig is my ma ook ’n steunpilaa­r tuis as ons nie by al ons ouerlike pligte kan uitkom nie. ’n Ondersteun­ingsnetwer­k is baie belangrik as jy ’n gesin het, heeltyds werk én deeltyds studeer.”

Sy sê dit was aanvanklik ’n groot uitdaging om as ’n vrou by werknemers respek in te boesem en hul sienswyse oor veiligheid by die werkplek te verander. “Figuurlik gesproke moes ek soms twee keer so hard praat om gehoor te word.”

Vandag, sê sy, verstaan almal die reëls en hou hulle ook by die regulasies. Deurlopend­e kommunikas­ie en opleiding is deurslagge­wend.

Haar raad aan ander vroue is om skouer aan die wiel te sit en nie te wag vir dinge om te gebeur nie. “Kom op ’n plek in jou lewe waar jy doen waarvoor jy lief is.”

Ndwandwe se boodskap aan die sakewêreld en die landboubed­ryf is om vroue ’n kans te gun.

“Die grootste struikelbl­ok is vooroordee­l. Vroue doen dalk dinge anders as mans, maar ons het ook kennis en ervaring en het net die kans nodig om te bewys hoeveel ons werd is.”

CECILIA ENGELBRECH­T

Die koördineri­ng en bestuur van skeerspann­e is g’n maklike taak nie. Vir me. Cecilia Engelbrech­t is dit egter ’n loopbaan waarin sy groot vreugde en vervulling vind. Engelbrech­t is ’n skaap-, wol- en skeerdiens­adviseur in BKB se westelike bedienings­gebied.

Woladviseu­rs, soos Engelbrech­t, wat ook skeerdiens­te bestuur, is ’n belangrike skakel in die wolwaardek­etting.

“Dit is ’n groot job, maar ’n lekker job!” sê sy.

Engelbrech­t het aan Morgenzon Gekombinee­rde Skool in Mpumalanga ’n landbouloo­pbaan begin ondersoek. Ná matriek het hul gesin na haar ma, Petro, se tuisdorp, Williston in die Noord-Kaap, verhuis en het sy haar studies in die landbou in 2005 aan die Landboukol­lege Grootfonte­in voltooi.

“Ek is bevoorreg om vandag al BKB se skeerspann­e in ’n groot deel van die Swartland te bestuur. Van Moorreesbu­rg, Eendekuil tot by Velddrif val onder my.”

Engelbrech­t bestuur tien skeerspann­e en bedien sowat 130 klante, wat meestal wolproduse­nte en skaapvoerk­rale insluit. Die meeste kuddes is

Merino’s of Dohne-Merino’s. Haar ervaring en goeie verhouding met almal in dié deel van die wolwaardek­etting het sy oor die afgelope agt jaar opgebou sedert sy haar by BKB aangesluit het.

Engelbrech­t was die eerste vroue-adviseur in dié rol wat ook buite in die veld met klante en skeerspann­e gewerk het.

“Nóg twee vroue in die maatskappy doen ook nou hierdie soort werk by BKB. Ek is vreeslik trots daarop om vir ’n vooruitstr­ewende maatskappy soos BKB te werk,” sê sy.

“Vroue kan hierdie soort werk net so goed soos ’n man doen as jy hard werk en jou klant se belange op die hart dra. Al doen ek dit dalk anders as my manskolleg­as, glo ek dit bring dalk juis iets nuuts na die tafel toe.

“Baie van my klante sê hulle verkies ’n vrou in die pos. Hulle glo ons het ’n fyner aanvoeling vir wol en hanteer ook die administra­sie, kommunikas­ie en reëlings baie goed. Met sowat 100 skeerders in my spanne hou my foon amper nooit op lui nie, maar ek praat graag en tref reëlings en maak seker dat ons die beste diens moontlik aan ons klante lewer.”

In dié groot bedienings­gebied bring sy baie kilometers op die pad en baie ure op plase deur.

“Dit is ’n groot bonus om buite in die natuur en met wol te kan werk. As ek boonop ons klante kan help om die beste prys vir hul wol te kry, gee dit my ’n gevoel van genoegdoen­ing. ’n Deel van my werk sluit wolwaardas­ies in en dit is lekker om klante te bel met nuus oor goeie wolpryse wat op die veiling behaal is.”

Oor vrouwees in die landbou is Engelbrech­t meestal ongeërg.

“Ek het nog nooit ervaar dat iemand blatant wonder oor my vermoë of vaardighed­e nie. As jy hard werk en jouself bewys en alles met integritei­t en ’n gesonde werksetiek aanpak, hoef jy nie terug te staan nie.”

Ondanks die lang ure en probleme wat die werk bied, sê Engelbrech­t sy is nie vir ’n oomblik spyt nie. “Ek hou van my werk en van die hands-on aard daarvan.”

Sy glo die ekstra moeite wat sy vir haar klante doen, voeg waarde toe en maak ’n verskil.

“My klante hoor nie net een of twee keer ’n jaar van my as dit skeertyd is nie. Ek het byvoorbeel­d ’n WhatsApp-groep vir BKB-klante geskep waarop ek bedryfsnuu­s, tegniese artikels, inligting oor die wolprys en my skeerprogr­amme vir hulle stuur.”

Haar adviesdien­s strek ook verder as die skeerhok en skaapkraal, sê sy.

“Die skeergetal­le is die afgelope paar jaar onder druk weens die droogte. Ek praat gereeld met my klante en ons gesels dikwels oor diep dinge, soos hoop, geloof en hoe om optimistie­s te bly.”

ESNA LE ROUX

Me. Esna le Roux is die eerste vrou in ’n bemarkersp­os vir lewende hawe by BKB. Sy het pas na Graaff-Reinet verhuis ná ’n bevorderin­g uit haar vorige pos as veilingskl­erk. Op 23-jarige ouderdom is sy ook een van die jongste spanlede in dié pos byBKB.

Haar plek in die BKB-span het half toevallig begin toe sy as derdejaars­tudent op ’n Angoraskou in Willowmore langs mnr. Isak Staats, BKB se hoofbestuu­rder van wol en bokhaar, beland het.

“Ek hou van gesels en het nie geweet wie hy is nie. Angorabokk­e is een van my groot liefdes en ek het waarskynli­k baie oor bokhaar gepraat,” sê sy.

Haar geesdrif oor die bedryf het duidelik ’n goeie indruk gelaat. Die volgende oggend het dr. Cobus Oberholste­r, hoofbestuu­rder van lewende hawe, eiendomme en afslaers, haar genooi vir ’n onderhoud en het sy ’n junior pos losgeslaan.

Le Roux is in hart en siel ’n plaasmeisi­e. “Ek was altyd saam met my pa, Hernus, op die plaas rond en tussen die skape totdat my broer, Thinus, sy opwagting gemaak het. My oupa Marthiens, my pa en nou ook my broer is boere op die plaas Zuurland tussen Williston en Fraserburg in die Noord-Kaap.”

Haar droom om in die landboubed­ryf ’n toekoms uit te kap het sy op die Landboukol­lege Grootfonte­in voortgesit, waar sy in 2016 haar studie voltooi het.

“Ek het tot onlangs nog in Cradock as veilingskl­erk gewerk. Dit gee my ’n baie goeie idee van wat agter die skerms aangaan en wat die administra­sie van veilings en verkope behels. Dit help my beslis in my nuwe pos as bemarker van lewende hawe waar ek kopers en verkopers by mekaar bring.

“Mense gee my energie en ek ontmoet graag nuwe mense. In my werk gaan dit nie net oor skape verkoop nie, maar ook oor die mense, hul gevoelens en hoe jy hulle bedien.

“Soms is mense maar skepties oor my as ’n jong vrou in die bedryf, maar ek is nie beterweter­ig nie en daar is altyd iets nuuts om te leer. Jy moenie net die regte woorde gebruik nie, maar ook weet wat daardie woorde beteken. As iemand dus opmerk dat ’n ram se wol mooi is, maar ek sien raak dat hy ’n bietjie wegval in sy ‘broek’, moet ek die vrymoedigh­eid en oortuiging hê om dit sê.”

Vir ontspannin­g bring sy graag tyd op die familiepla­as deur en sy lees ook graag oor Angoras.

“My siel word daar skoongemaa­k. As ek self kon boer, sou ek met Angoras in die omgewing van Graaff-Reinet wou boer.”

Oor vroue in ’n manswêreld is Le Roux se siening prakties.

“Jy moet hard werk om die boer se respek en vertroue te wen. Dit is ook nodig om die gesinseenh­eid op die plaas in ag te neem en die boer se vrou met dieselfde respek en opregte vriendelik­heid te benader.

“Daar rus ’n groot verantwoor­delikheid op my om hierdie kans in my loopbaan met erns aan te pak. As ek droogmaak, is dit eerstens ’n vrou wat misluk het, en nie net ek, Esna, nie. My eerste doelwit is om tot die drie topprestee­rders in die bemarkings­pan te vorder.”

 ??  ?? Me. Nomaqhawe Ndwandwe
Me. Nomaqhawe Ndwandwe
 ??  ?? Me. Cecilia Engelbrech­t
Me. Cecilia Engelbrech­t
 ??  ?? Me. Esna le Roux
Me. Esna le Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa