Landbouweekblad

Lees Afrikaans!

Heerlike rillers, ’n knap roman en lekkerlag-boek het die afgelope tyd verskyn — alles boonop in Afrikaans.

-

WANNEER HET JY DIE EERSTE KEER GEHOOR VAN DIE SUID-AFRIKANERS WAT IN PATAGONIË BOER? Toeekbaiek­leinwas,hetmypa vertel van ’n familievri­endin in die Vrystaat, Annette Stander (née Visagie), wat in Argentinië gebore is. Ek was stomverbaa­s om te hoor dat hierdie boeretanni­e van so ver weg af kom. Teen 1938, met die eeufeesvie­ringe, het die NG Kerk werk gemaak daarvan om Afrikaners te repatrieer. Só het die Visagie-gesin teruggekee­r. Blykbaar het hulle

IS DAAR RAAKPUNTE TUSSEN DIE ‘BOERE OP DIE AARDSDREMP­EL’ (SOOS HULLE IN ’N DOKUMENTÊR­E FILM GENOEM WORD) EN HUL SUID-AFRIKAANSE EWEKNIEË? Hulle identifise­er sterk as Afrikaners, maar Patagonië, veral die deel waar hulle is, is afgeleë. Vanselfspr­ekend leef hulle al hierdie jare sonder kontak met Suid-Afrika. Die raakpunte wat ek gesien het, is wat hulle self sal noem “plesierigh­eid”, en dan die liefde vir die taal, maar ook verknogthe­id aan die grond. Maar hul grond is Argentinië en hulle bewerk dit hard. Die gemeenskap­metwieekin­verbinding was, boer. Dis glad nie ’n maklike bestaan nie.

EEN VAN DIE SENTRALE GEDAGTES IN DIE BOEK IS DAT DIE GESKIEDENI­S HOM MAAR ALTYD HERHAAL. HOE HET DIE FUGA-VORM JOU GEHELP OM DIT TUIS TE BRING? Die bekendste fugas is dié van J.S.Bach,endie meeste van ons het dit al gehoor sonder om noodwendig die tegniese naam te ken. In die fuga hoor ’n mens ’n tema, byvoorbeel­d in ’n tenoorstem,endanlater weer in die bas. Of die toonaard verander, maar die tema bly dieselfde. Ek voel die manier waarop mense die geskiedeni­s herhaal, werk baie dieselfde. ’n Mens besef nie altyd dadelik dat jy iets herhaal nie, want die “stem” (die situasie, dus) klink of lyk dan anders. Maar tog is dit dieselfde ding.

JY SKRYF GEMAKLIK IN ENGELS EN AFRIKAANS. WAAROM HET JY DIE BOEK EERS IN AFRIKAANS GESKRYF? Dialoog, en die “tekstuur” van Patagonies­e Afrikaans, is baie belangrik in hierdie werk. Dit was vir my voor die hand liggend dat die Afrikaanse weergawe eerste moes kom, anders sou ek ál my notas en die sêgoed wat ek in Patagonië teëgekom het, eers moes vertaal!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa