Landbouweekblad

NOG LEESSTOF

-

Die hond wat ophou blaf deur Jo Nel. Uitgewer: Penguin Random House. Prys: R250. Wanneer Izak Hugo, ’n tandarts van Port Elizabeth, sy vriend se verwurgde poedel in sy bakkie ontdek en besef daar is ’n paar uur waarvan hy niks kan onthou nie, begin hy sy greep op die werklikhei­d verloor. Boonop vermoed ’n bende hy het een van hul jong lede vermoor. Izak vlug Transkei toe saam met ’n goeie vriend, maar dis daar waar sake ernstig begin ontspoor in dié sielkundig­e riller met ’n onvoorspel­bare ontknoping.

Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenho­ut. Uitgewer: Queillerie. Prys: R220. Een van Suid-Afrika se gunsteling-komediante, Schalk Bezuidenho­ut, en sy “kreatiewe klankbord”, Erns Grundling, skryf saam-saam oor hul wedervarin­ge op feeste, klein dorpies, agter die verhoog en natuurlik Schalk se grootwordp­lek, Kempton Park. Ja, verwag om baie en lekker te lag. En wees maar gewaarsku, Schalk-hulle skrik nie vir vloekwoord­e nie.

Wrok deur Beyers de Vos. Uitgewer: Penguin Random House. Prys: R250. Wanneer Freya se tweelingbr­oer, Ben, vermoor word, kom sy agter sy het toe nie alles oor hom geweet nie. Die hardwerken­de speurder Nolwazi, wat sy moord ondersoek, word gepootjie deur die stelsel en korrupte kollegas. Dan is daar Abraham Oktober, wat op die oog af soos ’n doodgewone gesinsman lyk, maar alles is ook nie heeltemal pluis daar nie. En Slick, die dwelmhande­laar, vir wie mag en vergelding hand aan hand gaan. Die vrae bly terg: Hoekom is Ben dood, wat van geregtighe­id, en is vergelding ’n oplossing?

Die Lucky Strike deur Steve Hofmeyr. Uitgewer: Zebra Press. Prys: R200. Die Sluiper se dae as huurmoorde­naar is nie, soos hy gehoop

het, agter die rug nie. Sy verlede het hom ingehaal en wag op ’n wildplaas in die Kgalagadi en iewers tussen die botsende faksies in die Kongo. Dáár wag ’n web van verraad en misleiding op Die Sluiper.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa