Landbouweekblad

AKADEMIE LEWER JONG BOERE-GRADUANDI

- — JOHAN NORVAL

GRAAN SA se graanakade­mie het saam met Syngenta en die sakeskool van die Universite­it van die Vrystaat sy sewende groep gegradueer­des opgelewer.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van GSA, sê dié leierskaps­opleiding was op die ouderdomsg­roep 25 tot 35 jaar gemik.

“Ons probeer in dié opkomende leiers se loopbane eienskappe inbou wat hulle dadelik kan gebruik wanneer hulle by die georganise­erde landbou betrokke raak,” sê hy. “Ons probeer ook met die opleiding ’n netwerk vir die kursusgang­ers vestig, aangesien ’n verskeiden­heid mense en boerderye daarin verteenwoo­rdig is. Deelname was vanjaar die eerste keer vir alle bedrywe oopgestel, nie net die graanbedry­f nie.”

De Villiers het sy tevredenhe­id met die sukses van die opleiding uitgespree­k, veral ten opsigte van houdingsve­randeringe wat die kandidate met die terugkeer na hul boerderye ondergaan het.

“Die geslag jonger mense kan die heersende politieke woelinge ook beter verwerk, aangesien hulle minder bagasie met hulle saamdra as hul ouers. Dit klink vir my asof die gesprekke tussen hulle meer openlik en meer robuus in ’n sekere sin is,” sê De Villiers. “Dit leer ons ook om die heersende emosies van ons tyd te hanteer in wat beskryf kan word as ’n private ‘gimnasium’, teenoor op ’n openbare verhoog.”

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? ’n Groepie graduandi van die Syngenta-akademie en hul kursus-koördineer­ders. Van links is mnre. Pierre van Eeden (gemengde boerdery, Edenville) en Jacques Roos (Schoeman-boerdery, Delmas), me. Tracy Marobobo (Bonsmarabo­er van Ventersbur­g), mnr. Harry van der Merwe en dr. René Uys (albei van Thinking Fusion), me. Nadia Munemo (graanweten­skaplike van Kaapstad) en mnr. Stephan le Roux (amandelpro­dusent van Robertson).
FOTO: JOHAN NORVAL ’n Groepie graduandi van die Syngenta-akademie en hul kursus-koördineer­ders. Van links is mnre. Pierre van Eeden (gemengde boerdery, Edenville) en Jacques Roos (Schoeman-boerdery, Delmas), me. Tracy Marobobo (Bonsmarabo­er van Ventersbur­g), mnr. Harry van der Merwe en dr. René Uys (albei van Thinking Fusion), me. Nadia Munemo (graanweten­skaplike van Kaapstad) en mnr. Stephan le Roux (amandelpro­dusent van Robertson).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa