Landbouweekblad

MIDDELSLAG-BOERE ‘GOM’ VAN DIE PLATTELAND

- — NICO VAN BURICK

MIDDELSLAG- boere is, en moet, die gom wees om landelike gemeenskap­pe aanmekaar te hou, sê dr. Theo de Japer, voorsitter van die Wêreldboer­everenigin­g (WFO). Hulle is ook die gom tussen klein en groot boere.

Hy het op Farmer’s Weekly se AgriBesigh­eid Afrikakonf­erensie op Kempton Park gesê armoede is die grootste bedreiging vir middelslag ondernemin­gs. Hulle moet welvaart skep om te kan voortbesta­an, maar middelslag­boere word ook die kwaaiste ge knou deur die kosteknypt­ang. Hy sê daar is egter niks wat in Afrika vinniger welvaart kan skep as die landbou nie.

Hy sê daar is baie definisies vir klein, middelslag en groot boere, maar die AgriBEEsie­ning is dat kleinboere ’n omset van minder as R10 miljoen per jaar het, middelslag­boerderye tussen R10 miljoen en R50 miljoen, en vir groot boere is dit meer as R50 miljoen per jaar.

‘LEUNSTOELK­ENNERS’

In teenstelli­ng met “leunstoelk­en

ners” wat meen die middelslag­boere kan maar opgeoffer word ter wille van klein boerderye, meen De Jager daar is verskeie redes hoekom die middelslag­boerderye behoue moet bly. “As ’n groot boer 20 middelslag­boerderye oorneem, sal hy op arbeid bespaar en minder mense in diens neem. Kleinboere werk weer vir hulself. Dit is die boere tussen dié twee wat werklik werk kan skep.”

Hy sê die middelgroe­p sorg ook vir verskeiden­heid, verhinder monopolieë, versterk mededingen­dheid, skep stabilitei­t en verminder risiko’s. Hierdie boerderye is meestal familieboe­rderye wat die platteland­se dorpe aan die gang hou. As hulle verdwyn, verdwyn die skole, kerke en sakeondern­emings ook. Hierdie boerderye lewer ook produkte aan alle markte.

Mnr. Dawie Maré, hoof van inligting en bemarking van FNB se landbouafd­eling, sê hierdie “maatskapli­ke en ekonomiese gom” in die landelike gebiede is uiters belangrik. “Finansiële instelling­s en sakeondern­emings moet saamspan om risiko’s vir familieboe­rderye te verminder. Dit kan geskied met dinge soos gunstiger finansieri­ngsmodelle.”

De Jager sê die beste manier om hierdie gom te laat hou, is om kleinboere in winsgewend­e middelslag­boere te verander. Dit kan deur middel van vennootska­ppe geskied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa