Landbouweekblad

‘LANDBOU PRODUSEER MEER AS NET KOS’

- — MARIEKE SNYMAN

DIE landbou word deesdae grootliks met die produksie van voedsel vereenselw­ig, maar die bedryf produseer veel meer as net kos, sê prof. Louise Fresco, voorsitter van die Universite­it van Wageningen in Nederland se uitvoerend­e raad. Sy was ’n spreker op die Internasio­nale Federasie van Landboujoe­rnaliste (IFLJ) se kongres in Nederland.

“Uiteraard moet die landbou oor die jare heen homself verbeter. Dit is ’n selfonderh­oudende entiteit wat ook homself kritiseer, net soos die wetenskap.”

Sy meen wel dat die landboubed­ryf meer doen as net kos produseer. “’n Paar jaar gelede het farmaseuti­ese produkte, materiale en vele ander produkte ook uit die landbou gekom. Maar deesdae word net kos met die landbou vereenselw­ig. Die toekoms van die landbou strek egter baie wyer as kos.”

Fresco meen dat die landbouvoe­dselkettin­g op ’n ander

manier gebruik moet word, veral omdat sowat 40% van produkte wat internasio­naal hanteer word, vermors word. Volgens Fresco moet dié afval op so ’n manier vervaardig word dat dit weer in die voedselket­ting herwin kan word.

In armer lande gaan voedsel verlore weens verliese tydens oestyd weens rotte of siektes wat die voedsel kan besoedel, of in ryker lande waar te veel voedsel aangekoop en groot hoeveelhed­e nie gebruik word nie. “Dit moet ophou. Sowat 30% van die afval uit die landbouvoe­dselkettin­g veroorsaak sowat 12% van die koolsuurga­s. Dit kan met ten minste 6% verminder word. Ons kan dit regkry

as ons aan die landbou dink as nie ’n ketting nie, maar ’n sirkelenti­teit. Produktiwi­teit kan verbeter word as ons net seker maak dat afval herwin word,” sê Fresco.

Die Universite­it van Wageningen vier vanjaar sy 100ste bestaansja­ar, derhalwe is die kongres daar aangebied. Fresco sê nadat die universite­it gestig is, is ’n groot behoefte geïdentifi­seer om die landbou se praktiese probleme te verstaan. Die Nederlands­e ambassade in Suid-Afrika het ’n joernalis van Landbouwee­kblad geborg om die IFLJ se kongres in Nederland by te woon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa