Landbouweekblad

PEER-OES KLEINER, KLEUR BETER

- — AMELIA GENIS

Met peer-oestyd iets van die verlede is dit duidelik die droogte eis sy tol ten opsigte van ’n ligter oes en kleiner vrugte.

Volgens mnr. Jacques du Preez, bestuurder van handel en markte by Hortgro, het die boorde wat die afgelope vyf jaar geplant is en jaarliks groter oeste dra, die werklike uitwerking van die droogte verbloem in die totale volume wat die bedryf geprodusee­r het.

Hortgro skat sowat 16,3 miljoen kartonhoue­rs pere gaan uitgevoer word teenoor verlede jaar se 17,47 miljoen houers. “Ons verwag die totale produksie vir 2018 gaan 10-12% laer wees en die uitvoervol­ume 8-10%.”

Hy sê al was die vrugte kleiner, was die kleur vanjaar beter.

Sowat 50% van die pere wat hier gekweek word, is verlede jaar na Europa (37%), die Midde-Ooste (18%), Rusland en die Verre Ooste (16% elk) uitgevoer.

Daar is onontginde potensiaal in China, maar totdat Suid-Afrika daar toegang kry, bly Europa die steunpilaa­r. Die plaaslike mark hou ook potensiaal in. “Vergeleke met peerverbru­ik per kop in ander wêrelddele is ons maar swak verbruiker­s.”

Argentinië en Chili is SuidAfrika se voorste mededinger­s, dog met die vermoë en tegnologie van Europese boere om vrugte langer te kan opberg, raak SuidAfrika se “uitvoerven­ster” jaarliks al hoe korter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa