Landbouweekblad

WEDLOOP OM SKAARSSTE PROTEA TE RED

- — AMELIA GENIS

Die Swartland suikerbos (Protea

odorata) staan op die rand van uitsterwin­g, maar daar is pogings om dit te red. Die enigste daarvan in die veld is sewe plante op ’n private eiendom noord van Kaapstad. Die eienaar van die eiendom het ingestem om dit aan die Wêreldnatu­urfonds (WWF) SA te verkoop, met die Stad Kaapstad as bestuurder van die perseel.

Die eerste stap in die restourasi­eplan vir die perseel was ’n ekologiese brand in April. Daarna het mnre. Mashudu Nndandulen­i van Kirstenbos­ch Botaniese Tuin en Jacques van der Merwe van die Stad Kaapstad behandelde saad van verskillen­de bedreigde spesies, wat P. odorata insluit, op die gebrande deel gevestig. Altesame 18 plante van P. odorata is in moederblok­ke van die versamelin­g vir skaars plante by Kirstenbos­ch, wat die meeste van die saad vir restourasi­e produseer.

Van al die verskillen­de kweekmediu­ms waarin hulle die lewensvatb­aarheid van die saad getoets het, het die meeste saailinge in die grond van die perseel waar dit gevestig sou word, ontkiem.

Hulle het 2 000 sade in die gebrande gebied gesaai en ingehark sodat die wind dit nie wegwaai nie. Steriele saad is met die groeimediu­m gemeng om lewensvatb­are saad teen knaagdiere te beskerm.

Nadat die saad gesaai is, is 30 mm reën gemeet. Die eerste saailinge behoort in die lente op te kom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa