Landbouweekblad

Gaan leer by Amerika

Hoewel die gras nie altyd groener is aan die ander kant van die draad nie, kan ons wel met nuwe oë na Suid-Afrika (én ons geldsake) kyk ná ’n besoek aan die buiteland. Dit bly belangrik om beleggings te diversifis­eer.

- Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG. NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za

Wanneer ’n mens toeristeoo­rdeen besienswaa­rdighede in ’n ander land besoek, moet jy versigtig wees om nie daar té vinnig menings oor die betrokke land te vorm nie. Maar ná ’n onlangse besoek aan Amerika het ek tog ’n paar insigte gekry oor Amerika, Suid-Afrika en beleggings in die algemeen.

Baie van die nuusberigt­e wat ons deesdae oor Amerika sien, handel oor die omstredenh­eid rakende pres. Donald Trump. Dit kan maklik die indruk wek dat Amerika deurmekaar is en rigting verloor het.

Die werklikhei­d is egter iets heeltemal anders. Nie alleen sien ons min van die gunstige mediadekki­ng oor Trump nie, ons sien ook nie wat werklik op grondvlak aangaan nie.

Ons het in nege verskillen­de dorpe en stede gebly, van New York en Washington D.C. tot die veel kleiner Nags Head, Charleston, Savannah en Wilmington. In elke dorp en stad was ’n buitengewo­on hoopvolle gevoel oor die toekoms van Amerika tasbaar en in byna elke winkel se venster was ’n “Now hiring”-bordjie.

Klaarblykl­ik het Trump se manewales ’n klein invloed op die daaglikse lewe van Amerikaner­s.

Van alles wat ek in Amerika gesien het, het die werkskeppi­ng my die meeste getref. In Suid-Afrika sukkel ons om werk te skep, maar in Amerika is meer poste beskikbaar as waarvoor mense aansoek doen. Salarisse verhoog in reële terme, meer opleiding word verskaf en outomatise­ring word ondersoek om die tekort aan arbeid op te los.

Baie groot winkels se betaalpunt­e is geoutomati­seer en aanlyn aankope word beklemtoon. Jy plaas bestelling­s aanlyn, en ná werk hou jy by die betrokke winkel se kiosk stil, waar jou inkopies reeds wag.

Amerikaner­s is ook nie so arrogant as wat hulle dikwels voorkom nie. Hulle het wel ’n onblusbare trots in hul land en werk. Gevolglik kan ek nie uitgepraat raak oor die goeie diens wat ons gekry het nie.

Openbare vervoer was uiteraard ’n openbaring. Dit was goedkoop en betroubaar. As jy by ’n stasie of busstop aankom, dui ’n kennisgewi­ng aan wanneer die volgende bus daar sal wees. Wanneer dié tyd aanbreek, is die bus daar. In Miami was die busse selfs gratis.

EIE BODEM

Terug in Suid-Afrika besef ek opnuut dat ons minder aandag aan politiek moet gee en meer op beleggings moet klem lê. Die helde in Amerika is nie politici nie, maar entreprene­urs, soos Elon Musk.

Ons moet ook ophou om saam met die media heeltyd pessimisti­es te kyk na en te praat oor ons land. As Suid-Afrikaners behoort ons trots te wees op ons land en ons werk.

Suid-Afrika het baie probleme, veral werklooshe­id. Boonop moet baie werknemers groot koste aangaan om by hul werkplek uit te kom. Terwyl ’n suksesvoll­e openbare vervoerste­lsel seker die Regering se verantwoor­delikheid is, val die klem op besighede wat werk gaan skep.

Maar wat sê dit alles van hoe ons moet belê? Hoewel baie van die goeie nuus in Amerika reeds in markpryse weerspiëel word, is daar geen aanduiding dat die groei binne die volgende twee jaar gaan eindig nie.

Buitelands­e markte kan dus nog heelwat beter vaar as nou.

Amerikaans­e TV-advertensi­es wys ook daar is beleggings­geleenthed­e wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Só diversifis­eer ’n mens jou beleggings nog beter.

Soos baie van die goeie nuus in Amerika op die markte weerspieël word, is die meeste van die slegte nuus in Suid-Afrika ook reeds in die aandeelpry­se sigbaar. Trouens, ons het reeds vroeër vanjaar gemeen die markte sien Suid-Afrika té negatief. En die markte is nou nog laer as in die begin van die jaar.

Op kort termyn bied die Suid-Afrikaanse markte baie goeie geleenthed­e, maar dit bly onseker wanneer hierdie groei sal plaasvind. Op langer termyn beveel ons egter steeds aan dat meer geld in die buiteland belê word om beleggings te diversifis­eer.

Dit maak nie saak hoe besonders Amerika was nie – ná ’n lang tyd in die buiteland is dit lekker om terug te wees op eie bodem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa