Landbouweekblad

LUGBESOEDE­LING LEI TOT DUURDER PLAAGMIDDE­LS

- — JASPER RAATS

Die swakker rand en China se strewe om sy erge lugbesoede­ling hok te slaan, gaan vanjaar tot ’n skerp verhoging in die prys van landbouche­miese middels lei, waarsku mnr. Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA.

Louw sê die aktiewe bestanddel­e van byna alle onkruiddod­ers moet ingevoer word en dat die meeste van dié

bestanddel­e in China vervaardig word waar nuwe wetgewing aanlegte se toelaatbar­e besoedelin­gsvlakke vir die laaste agt maande erg ingeperk het. “Talle van die aanlegte het toegemaak en omdat daar nou minder aktiewe bestanddel­e in die mark beskikbaar is, het pryse baie gestyg.”

Dit het ’n regstreeks­e impak op landbouche­miese produkte. Die prys van glifosaat, die aktiewe bestanddee­l van Roundup, het byvoorbeel­d met 40% gestyg en die prys van atrasien (’n inhibeerde­r van fotosintes­e) met 43% teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar.

Louw sê boere moet kennis neem van hierdie prysneigin­gs en met hul verskaffer­s praat om, waar moontlik, voorraad te koop wat nog teen ou pryse gekoop is. Hy sê dit is ook belangrik om te onthou dat die besoedelin­gswetgewin­g net op produkte met Chinese bestanddel­e van toepassing is.

Daar is produkte waarvan die aktiewe bestanddel­e in Europa vervaardig word. Daardie produkte se pryse behoort nie so skerp te styg nie, sê hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa