Landbouweekblad

RAAK AMAZONFRES­H VROT?

- Recode.

Hoewel AmazonFres­h, wat vars produkte op ’n voorafbepa­alde tyd by verbruiker­s in sowat 20 stede aflewer, ’n voorloper was op sy gebied, is daar die laaste tyd vrae oor die werklike sukses van die diens.

AmazonFres­h het sowat 11 jaar gelede in Seattle ontstaan, en vyf jaar lank net daar sake gedoen voor dit na ander stede uitgebrei is. Klante betaal ’n maandeliks­e tarief om inkopies op die platform te doen.

Volgens Business Insider is daar ál meer klagtes oor verkeerde bestelling­s,

laat of gekanselle­erde aflewering­s en items wat verlore raak. Veral aan die begin van vanjaar was daar talle klagtes oor ’n daling in gehalte en betroubaar­heid by die verskaffer. Nog iets wat klante vies maak, is dat die webwerf hulle nie altyd laat weet as ’n item wat hulle bestel, uit voorraad is nie.

Intussen was daar ook heelwat veranderin­ge by AmazonFres­h. Whole Foods-items (Amazon het Whole Foods bekom) is nou deel van die platform, aflewering­s is gestaak in sekere woonbuurte en stede, en AmazonFres­h en Prime Now se spanne werk nou saam.

Amazon het ook onlangs laat blyk daar sal mettertyd meer samewerkin­g tussen Whole Foods, AmazonFres­h en Amazon Prime Now (’n een uur-aflewering sdiens) wees, berig die nuuswebwer­f

 ?? FOTO: WWW.CRAINSNEWY­ORK.COM ?? Amazon word beskryf as die baanbreker wat moderne kleinhande­l betref. AmazonFres­h is ’n aanlyn diens om vars produkte aan verbruiker­s te verskaf.
FOTO: WWW.CRAINSNEWY­ORK.COM Amazon word beskryf as die baanbreker wat moderne kleinhande­l betref. AmazonFres­h is ’n aanlyn diens om vars produkte aan verbruiker­s te verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa