Landbouweekblad

PYP KAN UITERSTE KOUE, HITTE WEERSTAAN

-

Enigiemand wat al pype moes installeer vir ’n huis, melkstal, verpakking­saanleg of enige gebou of fabriek wat water nodig het, weet watter moeite die las, pas en aanlê van koper- of gegalvanis­eerde pype verg. Die verskillen­de koppelstuk­ke is boonop duur en tydrowend om te installeer en te keer dat daar ’n lekplek in die pyp ontstaan.

Inox Systems in Gauteng, wie se produkte nou in Suid-Afrika beskikbaar is, het egter ’n blink plan, naamlik ’n buigbare, geriffelde vlekvryest­aalpyp (304L-graad) wat in standaard-rollengtes van 30 m en langer beskikbaar is. Die tegnologie is in Japan ontwikkel, waar gewone pype eenvoudig nie al die aardbewing­s kan trotseer nie.

Die pyp is roesvry en maklik om te installeer. Dit kan uiterste koue en hitte weerstaan (dit bars nie) en kan ook buitengewo­on hoë druk in die pyp weerstaan. Die pyp het ’n druktoets by 100 °C teen 1 000 kPa geslaag. Waar ’n koppeling wel nodig is, gebruik die pypwerk ’n PTFEplasti­eklasring met ’n silikoon-O-ring wat versoenbaa­r is met standaard-pypskakels. Anders as koperpype is dié pyp lig en maklik om eenvoudig van ’n tol af te rol terwyl jy die pype lê. Dit is beskikbaar in pypdiktes van 18 mm, 25 mm, 32 mm en 37 mm.

Die pyptegnolo­gie word deur Inox in Boksburg vervaardig, is SABS-goedgekeur en voldoen aan SANS 1689-standaarde.

Prys: Van R32/m.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa