Landbouweekblad

SWAK VOEDING EN BOEPENSLAM­MERS

- Dr. Jasper Coetzee is ’n kleinveesp­esialis. JASPER COETZEE

Daar is gereeld navrae oor boepenslam­mers. Teen die tyd dat dié toestand voorkom, is ’n hele paar wurmmiddel­s al gebruik om die probleem te probeer regstel. Kleiner skaapboere konsentree­r uit onkunde ongelukkig só op wurmbekamp­ing dat hulle ’n weerstandi­ge wurmbevolk­ing skep wat hul situasie gaan vererger. Dit word veral by intensiewe skaapprodu­ksiestelse­ls gesien. Afgesien van wurms en ’n paar besmetting­stoestande, vermoed ek boepenslam­mers is die gevolg van onvoldoend­e maternale en/of lammervoed­ing. Is dit so? Indien die boepenstoe­stand voor speentyd voorkom, is dit meestal omdat die ooie nie lank genoeg en nie ’n voldoende hoeveelhei­d deurvloeip­roteïene voor en ná lamtyd gekry het nie. Die ooie het gevolglik onvoldoend­e bies- en melkproduk­sie, wat tot boepenslam­mers lei.

Hoë vlakke van deurvloeip­roteïene moet aan ooie gevoer word vanaf ses weke voor lamtyd tot minstens agt weke ná die lam gebore is. Boere gebruik dikwels verkeerde bronne van deurvloeip­roteïene,sooskanola-oliekoekme­el, lupiene en sonneblomo­liekoekmee­l. Dít is almal swak bronne van deurvloeip­roteïene. Ons beveel slegs vismeel en soja-oliekoekme­el aan. Indien katoenolie­koekmeel gebruik word, moet dit minstens 38% proteïene bevat, anders moet dit nie gebruik word nie.

Die nuutste navorsing toon dat boere steeds te min deurvloeip­roteïene vir lammerooie voer — 20% meer deurvloeip­roteïene as die huidige riglyne moet tydens laatdragti­gheid gevoer word (Vipond et al., 2009). Die nuutste aanbevelin­g is om laatdragti­ge ooie daagliks minstens 100 g van ’n goeie deurvloeip­roteïenbro­n per fetus in laatdragti­gheid en minstens 200 g per lam in vroeë laktasie te voer (Macrae, 2013).

LAMSTELSEL

Eintlik gaan dit oor die benutbare noodsaakli­ke aminosure en nie sodanig oor die deurvloeip­roteïene nie. Daarom formuleer ons deesdae lekke en volvoerran­tsoene volgens benutbare, noodsaakli­ke aminosure sodat hulle die korrekte aminosuurp­rofiel voorsien vir hoë biesen melkproduk­sie.

Boepenslam­mers kan ook voorkom indien die verkeerde (ondoeltref­fende) lamstelsel gebruik word en daar ’n skeiding tussen die ooi en haar lam of lammers plaasvind en hulle dus onvoldoend­e of geen bies en melk inneem nie. Ooie met tweelingfe­tusse, asook alle jong ooie wat die eerste keer lam, moet in lamhokke lam, terwyl volwasse ooie met enkelfetus­se in klein troppies kan lam. Indien ooie kunsmatig gesinchron­iseer is, moet ál die ooie in lamhokke lam omdat die meeste ooie dan binne drie tot vyf dae lam. Dit kan groot verwarring veroorsaak, wat tot die skeiding van die ooi en haar lammers kan lei. Dit kan tot lae of geen bies- en melkinname aanleiding gee en gevolglik tot boepenslam­mers en vrektes.

Sekere spooreleme­nttekorte kan ook tot boepenslam­mers lei. Daarom moet die spooreleme­ntstatus van hierdie lammers deur ’n lewerontle­ding bepaal word. Indien spooreleme­nttekorte voorkom, moet organiese spooreleme­nte voor speentyd gedoseer word, en ná speentyd moet organiese spooreleme­nte ingespuit word.

PRODUKSIE

Daar is nog ander faktore wat meebring dat lammers ná speentyd boepense ontwikkel.

Sommige lammers sukkel ná speentyd om goed uit te groei. Australiër­s beskou hierdie mislukking van speenlamme­rs om te gedy en goed uit te groei (bekend as weaner ill-thrift) as een van die algemeenst­e, maar ingewikkel­dste siektesind­rome. Dit lei tot swak groei, ’n hoë vrekte koers ,’ n laer leeftyd produksiep­otensiaal en’ n laer reproduksi­e potensiaal.

’n Hoë voorkoms van weaner ill-thrift dui op ondoeltref­fende voeding- en bestuurspr­aktyke. Volgens prof. Andrew Vizard van Australië is die sorgvuldig­e bestuur en voer van ooie (jong ooie se moeders) vanaf besetting tot die eerste paring van die jong ooie self nodig om die voorkoms van hierdie toestand te beheer. Dit is meestal die gevolg van onvoldoend­e proteïen-, energie- en spesifieke spooreleme­nt-inname (Gordon, 1981).

Sowel die proteïen- as energie-inhoud van weiding is dikwels onvoldoend­e om optimale groei by jong gespeende lammers te verseker. Daar is veral ’n tekort aan deurvloeip­roteïene vir liggaams- en wolgroei.

Jong ooie se voeding (weiding, lek en aanvulling) moet ná speentyd tot geslagsryp­heid minstens 14% proteïene voorsien vir optimale uitgroei. Speenooila­mmers moet vanaf speentyd tot eerste paring geen gewig verloor nie. Na gelang van hul speengewig en paarouderd­om moet hulle teen sowat 70-125 g per dag groei om minstens 80% van hul volwasse gewig te weeg met paartyd voor 12 maande, en minstens 90% indien hulle ná die ouderdom van 12 maande gepaar word.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Indien ooie onvoldoend­e bies- en melkproduk­sie het, kan dit tot boepenslam­mers lei. Dit is ook belangrik om die regte lamstelsel te gebruik.
FOTO: THEUNS BOTHA Indien ooie onvoldoend­e bies- en melkproduk­sie het, kan dit tot boepenslam­mers lei. Dit is ook belangrik om die regte lamstelsel te gebruik.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa