Landbouweekblad

Opbrengs lyk goed, al sukkel kontantvlo­ei

Hoewel die seisoen vir somergewas­se ’n moeilike begin vir Suid-Afrikaanse boere gehad het, dui al die syfers daarop dat die opbrengs wél op standaard gaan wees.

- NAVRAE: Webwerf: www.grainsa. co.za; tel. 08600 47246.

“Die vogpersent­asie is wel nog hoog en die boere sukkel plekplek om te stroop. Ek dink die boere sal nog tot diep in Augustus stroop.

“Met die seisoen wat so laat is, het dit inderdaad ’n nadelige invloed op die boere se kontantvlo­ei. Rekeninge moet betaal word, maar die mielies kom nie van die land af nie. Dit maak sake moeilik.”

PRYSE ONDER DRUK

Met die seisoen wat laat is, is die mielieprys­e hoër as wat dit verlede jaar was, sê Van der Walt.

“Die internasio­nale mark wat effe herstel het, ondersteun die plaaslike mark oor die algemeen.

“Mielies kan nog tot September gestroop word, wat baie later as normaalweg is. Dit behoort die prys nog vir ’n langer tydperk onder druk te hou aangesien die voorrade nog tot laat in die seisoen gelewer word.. Wat dit moeilik maak, is dat boere in die ooste van die streek teen middel September weer begin plant, wat weer vroeg is in vergelykin­g met hoe laat die strooppros­es die huidige seisoen voortduur. Dit kan veroorsaak dat die plaaslike pryse nog vir ’n geruime tyd nader aan uitvoerpar­iteit verhandel. ”

Die graanekono­mie is onder druk, sê Van der Walt. “Dit bly ’n probleem om die syfers te laat klop. Party boere wil eerder van hul lande weer met natuurlike weidings beplant omdat dit nie meer vir hulle winsgewend genoeg is om graan te plant nie.

“Dit is wel nie die meeste boere nie, maar eerder kleiner boere wat die balans en winsgewend­heid probeer regkry.”

Graan SA kry in die algemeen goeie terugvoeri­ng dat boere goeie opbrengste stroop.

“Die afgelope seisoen het die reën in strepe geval. Daar is boere in ’n radius van 50 km van mekaar af in Noordwes wat gemiddeld 2 ton/ha stroop.

“Daar is egter ook boere wat op droëland hier en daar tot 7 ton/ha stroop. Dit het net te doen met hoe die reën deurgetrek het.”

Heelwat boere sê wel hulle stroop ’n goeie gemiddelde opbrengs wat bo hul verwagting is.

“Almal het aan die begin van die seisoen gedink ons gaan ’n ondergemid­delde oes kry, maar hierdie is ’n aangename verrassing.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa