Landbouweekblad

Bewaringsl­andbou hiér in die soeklig

Van 4 tot 6 September vanjaar bied die geenbewerk­ingsklub ’n konferensi­e op Bergville in KwaZulu-Natal aan. Die klem val op dekgewasse en hoe dit by ’n geenbewerk­ingstrateg­ie inskakel.

- NAVRAE: E-pos: ntcsantra@ gmail.com; richardfin­dlayntc2@ gmail.com; tel. 033 330 2062.

Die geenbewerk­ingsklub se konferensi­e is ’n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse landboukal­ender. Die klub bring elke jaar kundige sprekers en werktuie, wat geskik is vir die minimum grondverst­euring, en boere byeen.

Produsente in KwaZuluNat­al het besef hul gevestigde graanprodu­ksieprakty­ke van intense grondbewer­king is nie volhoubaar nie. Weens grondbewer­king het erosie in sommi- ge seisoene tot onaanvaarb­are grondverli­ese gelei. Die bewaring van grondvog en die herstel van biomassa, organismes en mikrobes in die grond is mikpunte van dié groep boere. Die geenbewerk­ingsklub is juis gestig om geenbewerk­ing as ’n volhoubare oplossing te ondersoek.

Die aanvanklik­e doelwitte is elke seisoen ondersoek en ’n werkbare toepassing van praktyke vir bewaringsb­ewerking is oor die jare verfyn, waaronder die gebruik van dekgewasse saam met ’n veekompone­nt. Die bevindinge is eindelik op ’n konferensi­e onderling en aan ander boere oorgedra.

Met verskeie boere landwyd wat by die geenbewerk­ingsklub kom kers opsteek het, is talle soortgelyk­e klubs gestig, soos dié by Ottosdal en Reitz.

Die konferensi­e sal onder meer kyk na die noodsaakli­kheid daarvan om jou grond te ondersoek met behulp van ontledings. Dit sluit in hoe om vas te stel hoe ernstig jou grond verdig is voor jy met ’n bewaringsl­andbouprog­ram wil begin.

Verskeie sprekers wat in die praktyk staan, en navorsers gaan die beginsels van ’n bewaringsl­andboustel­sel gegrond op minimale grondverst­euring, die skep van ’n beskermend­e deklaag – waaronder dekgewasse – en ’n wisselbous­telsel, bespreek.

Daar sal ook inligting wees oor hoe om ’n meer biologies diverse en geïntegree­rde gewasen-veeboerder­y-ondernemin­g op jou plaas te vestig.

Die registrasi­ekoste beloop R2 950 (voor 24 Augustus) en R3 250 (ná 24 Augustus) vir klublede. Nie-lede se koste vir die drie dae beloop R3 100 (voor 24 Augustus) en R3 300 (ná 24 Augustus). Besoek www.

notillclub.com vir die volledige program.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa