Landbouweekblad

Dis nou maar wors

Met wors is dit maklik om sakpas-etes op die tafel te sit. Deesdae is ons bederf met ’n groot verskeiden­heid om van te kies.

-

en met sout besprinkel 4 murgpampoe­ntjies, in blokkies gesny 1 rooi en 1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny 1ui,gekap 3 knoffelhui­sies, gekap 1 blik (410 g) gekapte tamaties Halwe tamatiebli­k vol water Sout, peper en ’n knippie suiker na smaak Gekapte, vars pietersiel­ie, om af te rond

Verhit die olie en botter in ’n diep swaarboomp­an. Druk die worsvleis uit die worsderms en braai die vleis in die olie tot gaar. Breek die stukkies worsvleis met ’n houtlepel op terwyl dit gebraai word. Spoel die eiervrug onder koue water af en druk goed droog. Voeg dit saam met die murgpampoe­ntjieblokk­ies, soetrissie­blokkies, ui en knoffel by die worsvleis. Braai vir ongeveer 10 minute tot gaar. Voeg die ta- maties, geurmiddel­s na smaak en pietersiel­ie by. Prut liggies vir nog 7 minute. Sit voor op rys of koeskoes. Lewer 4-5 porsies.

Rokerige worsen-bonekasser­ol

Die Franse maak ’n smullekker bredie van ’n verskeiden­heid vleis, gerookte varkwors en witbone wat ure lank stadig gaargemaak word tot ’n perfekte geheel. Hulle noem dit cassoulet. Hierdie kasserol se geure herinner my aan dié gereg, maar dit word met basiese bestanddel­e gemaak en is binne net 30 minute gaar.

15 ml olyfolie 8 groot varkworsie­s 6 repe spek, dun gesny 1 ui, dun gesny 2 preie, goed gewas en dun gesny 2 knoffelhui­sies, gekap 3-4 murgpampoe­ntjies, gesnipper 125 ml witwyn 1 blik (410 g) gekapte tamaties 250 ml hoenderaft­reksel Paar takkies vars tiemie Paar takkies vars pietersiel­ie, gekap 1 blik (420 g) botterbone, gedreineer 1 blik (420 g) suikerbone, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n oondvaste swaarboomp­ot en braai die worsies en spek daarin tot gaar. Voeg die ui, preie en knoffel by en braai tot sag. Voeg die murgpampoe­ntjies by en braai tot gaar. Voeg die wyn, tamaties, aftreksel, tiemie, pietersiel­ie en bone by en verhit tot kookpunt. Prut vir 3-5 minute en sit die bak in die oond. Bak vir ongeveer 20-30 minute tot die sous geurig en verdik is. Sit voor met koeskoes, rys of kapokaarta­ppels en slaai. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa