Landbouweekblad

Die Noorsveld se koedoepast­ei-koningin

As die Noorsveld in een happie beskryf kon word, sal dit sappige koedoepast­ei met ’n smeersel spekboombl­atjang wees, soos me. Tilana Backeberg van die Thamela-padstal net buite Jansenvill­e dit maak.

- NAVRAE: Me. Tilana Backeberg, sel 076 168 4125.

Wat is die geheim tot jou padstal se sukses?

Ek moes ’n unieke produk hê waarvoor ek bekend kon wees. Ek het geredeneer as ek die beste pasteie maak, sal dit my help om naam te maak. Die padstal is geleë op my en my man, Rudi, se wildplaas op die R75pad. Die koedoe- en ander wildsvleis vir my produkte kom alles van die plaas af. Ek is elke dag self in die padstal om besoekers te ontvang en by te staan, kos te maak, koffie aan te dra of om stories oor die plaas en omgewing (veral oor die noorsboom en die spekboom) te vertel. Besoekers voel tuis hier en kom graag terug. En my koedoepast­eie ís die beste!

Wat verkoop jy nog, behalwe die koedoepast­eie?

Ek maak nagenoeg 40 soorte pasteie, wildsprodu­kte en rissiesous­e genaamd Annerkant die Hel. Ek is ook ’n trotse ambassadeu­r vir die spekboom en sy vele gebruike en voordele. My spekboomre­eks sluit onder meer peuselhapp­ies, souse en badsoute in. Ek verkoop ook spekboompl­antjies en ander vetplante wat ek self in die veld uithaal.

Het jy darem ’n regterhand wat jou in die kombuis help?

Me. Jolene Speek, my huiswerker van Jansenvill­e, staan elke dag langs my en werk. Sy is my deegroller en staatmaker. Ek kry ook vakansiety­e ekstra hulp in.

Hoe bemark jy jou ondernemin­g?

Deur reisigers wat hier stilhou, familie en vriende wat vir ander van die padstal vertel. Ons is ook deel van Jansenvill­e-toerisme. Verskeie reisagente het deur die jare oorsese kliënte hierheen verwys. Ek kry ook aandag op sosiale media en joernalist­e wat hier verbykom, skryf graag oor my koedoepast­eie.

Dra die padstal by tot jul boerdery?

Dit verskaf werk en inkomste aan dorpsmense wat op die plaas kom werk. Die inkomste uit die padstal word onder meer gebruik om voer vir die diere te koop.

Wat het dit geverg om ’n nuwe ondernemin­g op die been te bring?

Dit was baie harde werk om die padstal van die grond af op te bou. Baie trane het gerol, maar ek het geweet ek sal alles moet insit en my beste lewer vir nuwe klante. Dit vat lank om nuwe klante te wen. Ek moes dus uithou en aanhou. Ek het elke dag net vorentoe gekyk, al het ander mense gesê dit gaan maande en selfs jare verg voor die padstal goed presteer.

Wens jy daar was iets wat jy geweet het voor jy die ondernemin­g aangepak het?

Ek wens ek het geweet daar is nie vakansiety­d as jy ’n besigheid het nie. Dis lang ure en harde werk om vrugte te pluk. Ons is so besig om die plaas en padstal op te bou, daar is nie eens ekstra tyd om na-ure op die plaas te gaan stap nie. As die son sak, moet ek wasgoed was en kos maak. Gelukkig ry ek elke dag deur die plaas op pad na die padstal en sien die diere en mooi aalwyne langs die pad.

 ??  ?? BO: Die Thamela-padstal net buite Jansenvill­e. REGS: Tilana en haar regterhand, Jolene.
BO: Die Thamela-padstal net buite Jansenvill­e. REGS: Tilana en haar regterhand, Jolene.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Tilana is tans besig om ’n verskeiden­heid spekboompr­odukte te ontwikkel, soos dié badsout, nibbles met spekboombl­are wat sy volgens ’n geheime resep rooster saam met rosyntjies en klapper, en vars spekboombl­are saam met ongesoute grondboont­jies.
BO: Tilana is tans besig om ’n verskeiden­heid spekboompr­odukte te ontwikkel, soos dié badsout, nibbles met spekboombl­are wat sy volgens ’n geheime resep rooster saam met rosyntjies en klapper, en vars spekboombl­are saam met ongesoute grondboont­jies.
 ??  ?? HEEL BO: Pure vleis. Me. Tilana Backeberg voeg geen produkte by om die pasteivlei­s te rek nie, en is ook nie skaam met die porsiegroo­tte nie. Sy maak ál haar pasteie self in die kombuisie in die padstal.
HEEL BO: Pure vleis. Me. Tilana Backeberg voeg geen produkte by om die pasteivlei­s te rek nie, en is ook nie skaam met die porsiegroo­tte nie. Sy maak ál haar pasteie self in die kombuisie in die padstal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa