Landbouweekblad

Graan: Heffings versterk saaiboere se sak met R1,5 miljard

-

DIE bedrywe vir soja, koring en gars sal jaarliks tot R1,5 miljard meer verdien danksy opbrengsve­rhogings wat moontlik gemaak kan word deur die statutêre heffing waarmee saadmaatsk­appye in dié drie bedrywe vir hul ontwikkeli­ngswerk vergoed word.

Dit is een van die bevindings in ’n ondersoek wat die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) vir die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivar- en tegnologie-ontwikkeli­ng (Sacta) gedoen het oor die potensiële impak van die nuwe heffings.

Die sojaboonhe­ffings tree aanstaande jaar in werking. In die koring- en garsbedryf word heffings reeds vir die tweede jaar deur Sacta ingesamel en uitbetaal. In Suid-Afrika word tot 80% van selfbestui­wende gewasse met terughousa­ad geplant. Hoewel dit wettig is, het dit veroorsaak dat saadmaatsk­appye nie vergoed is vir die navorsing en ontwikkeli­ng van nuwe kultivars nie. Dit het voorkom dat verbeterde saad en tegnologie na die plaaslike mark gekom het.

BELEGGINGS

Volgens die BFAP was daar in die mieliebedr­yf, waar kruisbestu­iwing boere verplig om jaarliks nuwe saad te koop, van 1999 tot 2017 ’n gemiddelde opbrengsve­rhoging van 3,5% per jaar. In teenstelli­ng daarmee het sojaboonop­brengste in dié tydperk met gemiddeld 0,43% jaarliks en koringopbr­engste met 2,51% jaarliks gestyg. In die garsbedryf was die groei 4,67% per jaar vanweë aansienlik­e beleggings deur die aankopers van die gars.

“Hoewel verbeterde boerderypr­aktyke ook ’n belangrike rol gespeel het, toon hierdie opbrengsve­rhogings die noodsaakli­kheid van beleggings in verbeterde saadkultiv­ars en tegnologie in die soja- en koringbedr­yf en volgehoue navorsings­projekte vir die garsbedryf,” sê die BFAP.

Die verslag beklemtoon dat Suid-Afrika internasio­naal moet meeding waar gewaspryse bepaal word deur die produksiev­lakke van die groot produseren­de lande en boere wat die jongste tegnologie benut. Om ekonomies te oorleef, moet produksie voortduren­d verbeter.

In dieselfde sowat 20 jaar was die jaarlikse gemiddelde opbrengsve­rhoging vir sojabone in Amerika 1,46%, in Brasilië 1,33% en in Argentinië 0,64%. Dit beteken oor dié tydperk was Suid-Afrika se gemiddelde opbrengs 40% laer as die gemiddelde in die drie grootste produseren­de lande.

Vir koring het die opbrengste in Rusland jaarliks met gemiddeld 2,69% gestyg, in Argentinië met 1,62% en in Amerika met 0,85%.

Die heffings is in pas met van die voorste landboulan­de wat ook soortgelyk­e eindpunthe­ffings ingestel het.

BETROKKENH­EID

Gegrond op die 2016-’17-produksiej­aar is die potensiële inkomste uit tegnologie­heffings sowat R85,5 miljoen vir die sojaboonbe­dryf, R47,7 miljoen vir die koringbedr­yf en R7,7 miljoen vir die garsbedryf.

Vir ’n boer sou dit ’n bykomende koste van R149/ha vir sojabo-

ne, R94/ha vir koring en R87/ha vir gars saam met die koste van die terughousa­ad beteken het. In teenstelli­ng daarmee was ’n mielieboer op droëland se saadkoste van R1 100/ha tot R2 480/ha in 2016.

Die BFAP wys daarop dat sowat 33 maatskappy­e in 2016 in Suid-Afrika by die teling van mieliekult­ivars en saadverkop­e betrokke was. In dieselfde jaar was daar 12 maatskappy­e met sojaboonsa­ad en net 4 met koringsaad, waarvan een die LNR se Kleingraan­instituut was. Die twee ander het saamgesmel­t.

Daar word bereken dat die groter betrokkenh­eid van saadmaatsk­appye met nuwe tegnologie in die sojaboonbe­dryf opbrengste met 3,5% kan verhoog, wat die gemiddelde opbrengs oor tien jaar op 2,5 ton/ha te staan sal bring. Dit kan die inkomste vir die bedryf met meer as R1 miljard verhoog.

Die verwagte opbrengs van koring teen 2027 word beraam op sowat 3,63 ton/ha en vir gars 3,96 ton/ha. Dit sal lei tot ’n bykomende inkomste van onderskeid­elik R483 miljoen en R59 miljoen.

 ?? FOTO: MARLEEN SMITH ?? Tegnologie­heffings vir kultivarve­rbeterings kan boere miljoene rande per jaar ekstra in die sak bring danksy beter opbrengste.
FOTO: MARLEEN SMITH Tegnologie­heffings vir kultivarve­rbeterings kan boere miljoene rande per jaar ekstra in die sak bring danksy beter opbrengste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa