Landbouweekblad

Coca-Cola voer suiker in terwyl SA boere ly

- — JOYLENE VAN WYK

DIE multinasio­nale koeldrankv­ervaardige­r Coca-Cola Beverages (CCBSA) het suiker ingevoer terwyl plaaslike suikerboer­e deur een van die moeilikste tye in die bedryf se bestaan moes spook.

Die maatskappy het hierdie erkenning aan Landbouwee­kblad gemaak nadat die teenstorti­ngsbewegin­g FairPlay inligting in dié verband bekom het.

CCBSA sê hy het ’n “relatief klein” hoeveelhei­d suiker ingevoer as deel van sy “kommersiël­e imperatief” om suiker op “redelike kommersiël­e terme” te bekom.

Die maatskappy wou egter nie sê hoeveel suiker hy ingevoer het nie, en ook nie van waar af nie omdat dit marksensit­iewe en vertroulik­e inligting is.

Suiker kon weens ’n administra­tiewe oorsig in die Ministerie van Finansies vir die sewe weke van 28 Julie tot 15 September verlede jaar tariefvry ingevoer word.

Me. Motshidisi Mokwena is CCBSA se hoof van reputasie en

regulatori­ese sake. Sy sê kragtens die voorwaarde­s waaronder die Mededingin­gstribunaa­l in 2016 die samesmelti­ng goedgekeur het wat dié maatskappy tot gevolg gehad het, het die CCBSA onderneem om “voort te gaan én waar moontlik” die aanskaffin­g van plaaslike produksiem­iddele, wat suiker insluit, te bevorder.

PRYSSTYGIN­GS

Sy regverdig die suikerinvo­er aan die hand van “beduidende, uitermatig­e materiële prysstygin­gs” in ’n sektor wat reeds voordeel trek uit tariefbesk­erming. Verder het die suikerbela­sting wat op 1 April in werking getree het, CCBSA en die bedryf voor “materiële uitdagings” te staan gebring.

Mokwena het ook aangedui dat die CCBSA deelneem aan die gesprekke met die suikerbedr­yf deur die Departemen­te van Handel en Nywerheid en Ekonomiese Ontwikkeli­ng.

Die maatskappy het ook voorleggin­gs gedoen aan die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) rakende die Suikervere­niging (SASV) se versoek dat die dollargeba­seerde verwysings­prys vir suiker verhoog moet word van $566/ton tot $856/ton. Die nuwe verwysings­prys is egter net $680/ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa