Landbouweekblad

Rampdroogt­e dreig in Oos-Kaap, Klein-Karoo

- — AMELIA GENIS

DIE uitmergele­nde droogte in die Klein-Karoo stuur af op ’n ramp vir plaas- en dorpsmense, sê mnr. Joey Potgieter, volstruisb­oer en voorsitter van Agri Klein-Karoo.

Hy sê sakemense kry swaar en in die volstruisb­edryf is mense besig om hul werk te verloor weens dalende volstruisg­etalle. “Slaggetall­e sal na verwagting daal van 150 000-160 000 volstruise in 2017-’18 tot 110 000120 000 vir hierdie seisoen wat in Julie begin het.”

Volgens Potgieter is daar sedert November nie reënval om van te praat nie, “4 mm hier, 7 mm daar” en net 7,5 mm vir Julie. Boonop was dit baie warm.

Hulle kry gewoonlik deur die hele jaar reën, maar volgens die jongste langtermyn­voorspelli­ng gaan reënval tot Desember ondergemid­deld wees en temperatur­e bogemiddel­d. “Daardie kombinasie voorspel niks goeds nie,” sê Potgieter.

Alle riviere staan en die damvlakke is so laag dat die distriksmu­nisipalite­it Eden finansieri­ng soek om alternatie­we waterbronn­e te ontgin. Watergebru­ik sal na verwagting tot drinkwater beperk By Calitzdorp, ’n buurdorp van Oudtshoorn, is die Gamkapoort­dam dolleeg. Potgieter sê dis die eerste keer dat dit gebeur sedert die dam in 1962 gebou is.

Potgieter sê omdat dit so droog is, die damme nie water het nie en die voorspelli­ng so ongunstig is, is die tyd om lusern te vestig amper verby sonder dat boere veel geplant het. Saadmaatsk­appye wat gewoonlik by Oudtshoorn kontrakte uitreik om groentesaa­d te kweek, moes vanjaar die kontrakte na ander dele van die land skuif.

“As ons nie water het nie, het ons nie ander geleenthed­e nie. Die droogte is die ergste in ’n lang tyd.”

 ?? FOTO: JEANNE VAN DER MERWE ?? Die Gamkapoort­dam is reeds sedert laat verlede jaar dolleeg.
FOTO: JEANNE VAN DER MERWE Die Gamkapoort­dam is reeds sedert laat verlede jaar dolleeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa