Wei op saailande: Verdigtingsvrese ‘oordrewe’
Vrese oor die verdigting van saailande wat bewei word, is dikwels oordrewe, sê dr. Sjoerd Wille m Duiker, navorsings voorligter van die Amerikaanse deel staat Pennsilvanië se Pen n-staat s universiteit.
Navorsing het gewys dat dit geen wesenlike probleem is as die grond nie te nat is nie, as daar lewende wortels in die grond is, of as kontantgewas-oesreste ’n digte deklaag vorm en die organiese materiaalinhoud in die bolaag hoog is.
Navorsing in die deelstaat Georgia het gewys waar dekgewasse vir 47 dae deur koeikalf-pare bewei is of onbewei gelos is, was daar geen verdigting of grond agteruitgang op die lande wat wel bewei is nie.
Proewe in Pennsilvanië het wel verdigting van die grondoppervlak gewys onmiddellik nadat die dekgewasse bewei is, maar die verdigting is gou vanself opgehef indien die kamp vir 20 dae of meer gerus het voor dit weer bewei is. “Baie dekgewasse het ’n besonder goeie voergehalte as dit in die vegetatiewe stadiums bewei word,” sê Duiker.
Wat die beweiding van oesreste betref, sê hy navorsing het bewys oordeelkundige beweiding verminder ’n mieliereste-deklaag in’ n geen bewerking stelsel met net 5% tot 25%; erosiebeheer word dus nie ingeboet nie. Die gevaar van verdigting is op sulke lande groter omdat daar nie, soos met dekgewasse, lewende wortels in die grond is nie.
Nogtans kan reste sonder nadelige grondverdigting bewei word mits die grond betreklik droog is, die organiese materiaalinhoud in die bolaag danksy jare se geenbewerking betreklik hoog is, en groot hoeveelhede oesreste die grond bedek.
As daar boonop ’n hoogs bedrywige biologiese gemeenskap in die grond is, sal die grond veerkragtig wees en verdigting makliker vanself ophef as in grond waar die biologiese bedrywigheid laag is.
“Die belangrikste is om die grondtoestande voortdurend dop te hou en die diere betyds te skuif.”
Die beweiding van oesreste is baie kostedoel treffender as om die reste te baal en na die vee te vervoer, sê Duiker.
In die Amerikaanse mieliestreek is dit ’n algemene praktyk om vleisbeeste in die somer op die veld te hou, en ná oestyd per vragmotor na gestroopte lande te vervoer, waar hulle teen ’n tarief wei. Die diere behoort nie noodwendig aan die boer wat die kontant gewas lande besit of bewerk nie.
Die standaard riglyn daar is dat mielie-oesreste in’ n geen bewerking stelsel genoeg weiding kan verskaf vir 618 tot 914 diere-eenhede per hektaar vir herkouers. Een diere-eenheid is gelyk aan 454 kg lewende gewig.
Die voedingsgehalte van mieliereste is voldoende om droë koeie en volwasse bulle te voer, maar groeiende verse, tollies, jong bulle en lakterende of dragtige koeie op oesreste het ’n proteïen-aanvulling nodig.
Daar is baie geleenthede om beweiding in’ n geen bewerking-kontant gewas stelsel te integreer. Meerjariges kan byvoorbeeld in wisselbou met kontantgewasse bewei word, dekgewasse kan in die wissel boustelsel ingebring, of oesreste kan bewei word.
In die suide van die Noord-Amerikaanse Laagvlakte (Great Plains) is dit ook algemene praktyk om kleingrane eers te bewei voor die boer dit uiteindelik stroop. Nóg ’n opsie is om voergewasse te bewei wat tussen jong bome in nuwe plantasies gevestig word, en nog’ n bykomende kontantvloei st roomkan verseker, sê Duiker.
Boonop wys navorsing toenemend dat oordeelkundige beweiding die grond gesondheid van kontant gewas saailande verbeter deur grondbiologie aan die werk te sit. Dit kan dus nie net grondgesondheid in stand hou nie, maar dit bo tradisionele vlakke laat herleef.
“Geenbewerking verhoog grondbewaring, wat die organiese materiaal in die bolaag vermeerder, en verseker ’n ferm grondstruktuur wat weerstand teen verdigting deur beweiders kan bied. Dít sorg op sy beurt vir ’n groter biologiese gemeenskap met ’n ryker verskeidenheid, wat aggregasie en poreusheid verbeter, sodat verdigting opgehef word.
“Dit stel ’n boer boonop in staat om sy wissel boustelsel te diversifiseer met gewasse wat bewei kan word, deurdat dit die koste en tyd spaar wat dit verg om ’n saadbedding voor te berei,” sê Duiker.