Landbouweekblad

Vars produkte: Tegnologie keer markte op hul kop

Tegnologie, soos blok ketting, voorspelli­ngs ontledings en outonome vervoer, kan binne’ n paar jaar ’n alledaagse verskynsel in die vrugte- en groentebed­ryf wees. Dit sal help om die verskaffin­g sketting ratser en soepeler te maak om gehoor te gee aan die

-

Hoewel mense oor die wêreld heen meer vars groente en vrugte eet, het verbruiksp­atrone ’n nuwe gedaante aangeneem.

Mense eet op ’n drafstap (on-the-go), bestel hul kos en kruidenier­sware van selfoontoe passings af en wil álles weet oor dít wat op hul borde beland. Die wêreld van vrugte- en groentehan­del is lankal nie meer op ’n boer se voorstoep nie, maar dit is ’n wêreldwye mark wat ál meer logistieke soepelheid gaan verg.

Deur die loop van die jaar het die bestuurs konsultant­e Oliver Wyman ’n verslag bekend gestel waarin hulle die ontwrigtin­g ontleed wat na verwagting in die varsproduk­tebedryf gaan plaasvind.

Daarin voorspel hulle dat mense danksy bevolkings­groei en voedsamer koskeuses oor die wêreld heen meer vars groente en vrugte gaan eet. Boere en uitvoerder­s moet hulle egter gereed maak vir groot veranderin­ge in die mark – van die geografies­e ligging daarvan, tot waar mense vars produkte verbruik en ook hoe hulle dit bekom. Nuwe logistieke struikelbl­okke lê voor en die verskaffin­g sketting sal gereeld van gedaante moet verwissel.

“As jy dié patrone verstaan, sal dit jou help om ’n wenstrateg­ie te ontwikkel en jou ondernemin­g toe te rus om dit te bedien,” het mnr. Rainer Münch, vennoot by Oliver Wyman in München, tydens Fruit Logistica gesê, waar ’n deel van die verslag bekend gestel is.

WAAR LÊ DIE GELEENTHED­E?

In die tradisione­le markte, soos Wes-Europa en Amerika, is die bevolkings­aanwas maar stadig en daar word nie groot skuiwe in voedsaamhe­ids keuses (nutritiona­l demand) verwag nie. Die prentjie lyk egter heel anders in plekke, soos die Midde-Ooste en Afrika. Die gesamentli­ke aandeel in die varsproduk­temark van streke waar ontwikkeli­ng vinnig plaasvind, soos die Midde-Ooste, Afrika, Asië en Oseanië, sal waarskynli­k van 60% in 2015 tot bykans 70% in 2030 klim.

“Danksy die sterk groei per kop van die bruto binnelands­e produk in Asië sal die vraag na gesonder kosprodukt­e onder die opkomende middelklas vinnig styg. ’n Aantal boere en uitvoerder­s het die afgelope paar jare al gesien hoe dit lei tot ’n herbalanse­ring van vraag, want verbruiker­s eet minder basiese kosprodukt­e, soos rys, en meer vars voedsel,” lui die verslag.

Hierdie plekke is egter ver van die tra--

disionele verskaffin­gs ketting geleë, wat’ n probleem vir verskaffer­s kan skep. Hulle sal moet sorg dat hulle plekke, soos Afrika se stedelike gebiede, kan bedien. Groot groei word in dié gebiede verwag, maar meer as twee derdes van die bevolking het steeds nie geredelik toegang tot kosvoorsie­ning nie.

Die afgelope paar dekades was daar ook ’n groot skuif na buitenshui­se verbruik (outof-home). Die neiging sal waarskynli­k voortduur, maar teen ’n stadiger pas.

“Ons verwag vars vrugte en groente gaan ’n groter rol in die buitenshui­se mark speel, wat veral in Noord-Amerika sterk sal bly.”

Reusegroei in die gebruik van aanlyn verskaffin­gs kanale word oor die volgende tien jaar verwag. Aanlyn verkope van vrugte en groente kan met 7% groei teen 2030, hoofsaakli­k in Europa en Asië, en in ’n mindere mate die Amerikas.

“Tans het die aanlyn verkope van kos oor die algemeen – en spesifiek vars vrugte en groente – ’n klein aandeel in die totale kleinhande­lmark vir kos. Daar is streeks verskille, wat hoofsaakli­k aangedryf word deur verbruiker sentiment( die plaaslike koers waarteen mense aanlyn aankope begin doen) en kleinhande­laars se winsgewend­heid.

“Terselfder­tyd het party produsente al waardering vir dié kanaal ontwikkel. Een van die boere met wie ons gesels het, het groei van sowat 20% getoon in die aanlyn arena, wat baie goed vergelyk met die sowat 5%-groei wat hy in aflyn verkope gehad het.”

Die verslag erken aanlyn verkope van vrugte en groente sal waarskynli­k nie die lug inskiet in die nabye toekoms nie, maar die potensiaal lyk groot.

“Sodra maatskappy­e, soos AmazonFres­h of Ocado, meer markte betree, sal dit gevestigde kleinhande­laars dwing om te reageer.”

Aanlyn verkope sal aangedryf word deur goedkoper aflewering skoste, groter groepsdruk om die mark te betree en groter gewillighe­id onder verbruiker­s om die kanaal te gebruik. Boonop sal outomatise­ring en beter logistiek lei tot doeltreffe­nder aflewering­s.

G’N VERSKONING­S OOR AANBOD

Verbruiker­s raak bederf met wat tot hul beskikking is. Dus raak beter gehalte en ’n groot produkreek­s byna ’n gegewe in hul oë–en die verskaffin­gs kettings al daarby moet aanpas en daarin kan voorsien.

“Dit bied ’n strategies­e geleenthei­d vir almal in die verskaffin­gs ketting–produsente, verskaffer­s en kleinhande­laar s. Koste en doeltreffe­ndheid sal belangrik bly in die jare wat kom. Danksy tegnologie­se en logistieke vooruitgan­g sal produsente, verskaffer­s en kleinhande­laars egter vinniger, buigsamer, presieser en deursigtig­er verskaffin­gs kettings kan bou .”

Die doel daarvan sal wees om varser produkte van beter gehalte aan verbruiker­s te lewer. “Amazon is die baanbreker wat dit betref. Hy is dalk die mees gevorderde kleinhande­laar en beweeg heeltyd weg van die tradisiona­le konsepte ten opsigte van kleinhande­l. Sy ambisie vir ‘spoedklein handel’ kan gesien word in sy Amazon Prime, Prime Now en AmazonFres­h-dienste. By elkeen van hierdie kraai spoed koning.

As ander kleinhande­laars hom dit nie kan nadoen nie, sal hulle hul verskaffin­gs ketting beter moet bestuur deur enige ondoeltref­fendheid uit te skakel en regdeur die ketting’ n begin-tot-einde-siening in te neem. Dit klink veeleisend, maar dis noodsaakli­k om te floreer in die nuwe omgewing.”

Dit beteken staantye in die ketting sal verminder moet word. “Elke oomblik wat die produk nie nader aan die verbruiker beweeg nie, verloor dit varsheid.”

TEGNOLOGIE IS DIE ANTWOORD

Dit is alles egter makliker gesê as gedaan, want daar is baie stokke wat in die wiel kan steek en sake beduiwel. Dink aan struikelbl­okke, soos vervoerroe­tes in produksiel­ande (soos die paaie in Iberië of in sekere dele van Suid-Afrika). Tegnologie is waarskynli­k die uitweg om om dié hobbels te navigeer.

Iets soos outonome vervoer kan ’n goeie oplossing bied, maar op die oomblik is dit nog nie prakties uitvoerbaa­r nie. Dit is weens wetgewing, standaardi­sering by grense en lae vlakke van skakeling tussen maatskappy­e.

“Die situasie sal waarskynli­k verander. Op kort tot mediumterm­yn verwag ons om meer outonome vervoer binne aanlegte te sien. Ons sal dit dalk ook oor kort afstande binne nasionale grense begin sien. Voertuie met een of ander outonome vermoë of kunsmatige intelligen­sie – bekend as gevorderde bestuursby­stand stelsels – kan van net 10% in 2015 spring tot bykans 40% van alle voertuie teen 2025.”

Hoe buigsamer jou verskaffin­g sketting is, hoe vinniger kan jy reageer op veranderin­ge langs die pad en seker maak jy voldoen aan verbruiker­s se wense.

“Jy sal moet rats wees, want in die toekoms sal weerverwan­te voorraadte­korte eenvoudig nie meer aanvaarbaa­r wees nie. Klante sal verskaffer­s kies wat produkte aan hulle gee waar en wanneer hulle dit wil hê, en terselfder­tyd ook aan hul eise ten opsigte van volhoubaar­heid en outentiekh­eid voldoen.”

Gevorderde stelselont ledings sal ’n rol kan speel om variasies in vraag en aanbod betyds te voorspel (voor ’n probleem die verskaffin­g sketting kan beïnvloed) en dan kan produsente of ondernemin­gs betyds ’n alternatie­we verkryging­sbron of vervoerroe­te inspan.

Die verwagting is ook dat aflewering­s meer gereeld sal moet geskied, maar ook in kleiner eenhede. “Dit sal waarskynli­k lei tot die saamvoeg van volumes deur die

‘Jy sal rats moet wees, want in die toekoms sal weerverwan­te voorraadte­kore eenvoudig nie meer aanvaarbaa­r wees nie. Klante sal verskaffer­s kies wat produkte aan hulle gee waar en wanneer hulle dit wil hê.’

bekendstel­ling van kruisketti­ng-platforms en veeldoelig­e netwerke (soos tussen kleinhande­l en die farmaseuti­ese bedryf). Sulke vernuwende idees sal ál meer gebruik maak van die doeltreffe­nde aanwending van spaarka pasiteite n selfs tot crowd-sourced aflewering­s metodes lei .”

Namate die verskaffin­gs ketting meer uiteenlope­nd raak, sal mense se behoefte aan akkuraathe­id en betroubaar­heid ook verhoog – iets wat AmazonFres­h deeglik agtergekom het (sien die KASSIE op bl. 41). Beter vraag-en-aanbod-voorspelli­ngs en outomatise­ring sal dus noodsaakli­k wees. Iets soos voorspelli­ngs ontledings sal ál belangrike­r raak.

“Alle maatskappy­e sal meer gevorderde stelsels en hulpmiddel­s, soos masjienlee­r en kunsmatige intelligen­sie, moet gebruik om voorspelli­ngs te maak en byvoorbeel­d voorraadvl­akke outomaties aan te vul.”

Dit beteken egter álmal in die ketting sal die basiese gereed moet kry. “Jy het betroubare meesterdat­a nodig en moet die stelsel met die regte inligting kan voer om te verstaan wat vraag voortdryf. Metodes moet ontwikkel word wat al die belanghebb­endes in die ketting se voorspelli­ngs kan sinchronis­eer.”

Beeld h erkennings tegnologie sal veral vir boere nuttig wees. Die gehalte van ál meer vrugte- en groentesoo­rte sal met sig-tegnologie (vision technology — soos reeds by appels en pere gebruik word) nagegaan word.

“Die tegnologie sal oor meer as net sortering gaan: sig-robotika sal ook meer gesofistik­eerde interaksie in kleinhande­l-pakskure tot gevolg hê.”

Nog tegnologie wat sal help om voorsie- ning betroubaar­der en dienslewer­ing s vlakke meer bevredigen­d te maak, is prosesou tomatis ering–maar weereens, die meester data s algoed moet wees.

Een van die grootste struikelbl­okke vir die verskaffin­gs ketting is die gebrek aan deursigtig­heid–en daar kan blok ketting tegnologie sy staal toon. Daar is baie redes daarvoor – te min goeie data oor byvoorbeel­d produkte se lewensiklu­s en vervoer geskiedeni­s beteken baie papierwerk en menslike ingryping vind nog plaas. “Ons verwag dat blokkettin­g ’n reuserol gaan speel om die huidige tekortkomi­nge reg te stel en nuwe waarde te skep.”

Blok ketting tegnologie is’ n veilig een hoogs gedesentra­liseerde data stelsel. Tans vorm dit die grondslag vir konsepte soos die kripto-geldeenhei­d bitcoin. Basies werk dit so: Die data in elke blok het ’n tydstempel en word individuee­l geënkodeer. Namate datablokke van een gebruiker na ’n volgende beweeg, word hulle outomaties in ’n ketting verbind. Sodra die data in ’n individuel­e blok “stol”, kan dit nie verander word sonder dat die ander blokke in die ketting ook gewysig word nie. Alle data wat só versamel word, kan egter deur enige gebruiker gelees word.

Blok ketting tegnologie maak dus volledige data deursigtig­heid moontlik( sien die

GRAFIKA hiernaas), wat beteken inligting oor die plek van oorsprong en produksie metodes is nou sigbaar. Kleinhande­laars, soos Walmart en Carrefour, kan selfs individuel­e items se inligting aan hul klante gee (’n klant sal byvoorbeel­d ’n QR-kode met sy of haar slimfoon lees wat ’n toepassing sal oopmaak wat elke stap van die verskaffin­gs ketting wys, soos die plek van herkoms en produksi emetodes, maar ook resepvoors­telle).

Blok ketting tegnologie het heelwat voordele bo vandag se tegnologie–die skaal is bykans eindeloos en die tegnologie is onafhankli­k van ander stelsels, wat toepassing vinnig en billik maak. Daar is egter vrae oor dié soort tegnologie, soos databesker­ming, die standaardi­sering van data-uitruiling en sertifiser­ing.

Die groot probleem vir boere, verskaffer­s en kleinhande­laars sal dus wees om maniere te vind om met mekaar saam te werk om ’n buigsamer, vinniger, akkurater en deursigtig­e r verskaffin­gs ketting te bou .“Stelsels en ontledings sal belangrike­r raak namate die dinge wat vrugte-en groente maatskappy­e aanbied, ál meer datagedrew­e raak. Die kern sal wees om seker te maak die regte mense, met die regte vaardighed­e, is betrokke. ’n Bedryf wat so vinnig ontwikkel, het ook aanpasbare organisasi­es nodig. Selfs die tradisione­elste besighede sal moet aanpas by die nuwe kwessies wat die ontwikkele­nde verskaffin­g sketting bring.”

Volgende week: Verwag om ál meer kos en kruidenier­sware aanlyn te verkoop.

 ??  ?? LINKS: Die varsproduk­tebedryf kan ’n omwentelin­g verwag in die manier waarop produkte by verbruiker­s uitkom.
LINKS: Die varsproduk­tebedryf kan ’n omwentelin­g verwag in die manier waarop produkte by verbruiker­s uitkom.
 ??  ?? BO: Mnr. Rainer Münch tydens Fruit Logistica in Berlyn.
BO: Mnr. Rainer Münch tydens Fruit Logistica in Berlyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa