Suid-Kaapse kuddes verbeter ondanks droogte
Hoewel die Suid-Kaap vanjaar waarskynlik die kwaaiste droogte tot nog toe beleef, en ooie deurentyd gevoer moet word, is’ n uiters geslaagde Merino-jong ooi evaluerings kompetisie in die omgewing van Heidelberg en Swellendam gehou.
Wolskape sal altyd ’n plek in die Suid-Kaap hê en die Suid-Kaapse jongooi-evaluerings kompetisie vir Merino’s het weer getoon watter gehalte diere en wol boere kan lewer – selfs in ’n ernstige droogte.
Mnr. Giepie Calldo, skaap- en wolkundige en tegniese bestuurder van RFID Experts Africa, het die vee op deelnemers se plase by Heidelberg en Swellendam beoordeel. Hy sê die gehalte van die ooitjies en hul wol was uitstekend en dat dit boere tot voordeel sal strek. “Die ou gesegde van ‘sorg vir jou Merino’s, en hulle sal vir jou sorg,’ geld steeds.”
Mnr. Arno Steenkamp van Oudekraals- kop, Heidelberg, is een van die boere wat die leiding geneem het met die kompetisie. Hy stem volmondig saam met Calldo. “As jy in ag neem dat die diere daagliks gevoer moes word omdat daar weens die droogte eenvoudig niks op die grond was om te vreet nie en ruvoer baie skaars geword het, was die gehalte van die ooitjies uitstekend.”
Die droogte het ’n drastiese uitwerking op boerdery in die streek en net agt boere het vanjaar aan evaluerings kompetisie deelgeneem.
Die gedagte is dat veral jong skaapboere – en daar is deesdae heelparty in die Heidelberg-Swellendam-streek – moet leer uit die kompetisie. Wen is ’n pluspunt, maar wenke en inligting wat hulle tydens die kompetisie bekom, is van onskatbare waarde.
KOMPETISIE KOM AL LANG PAD
Steenkamp sê die eerste Heidelberg-Merino-jongooi-evalueringskompetisie is reeds in 1979 gehou. Dit het egter in 1991 tydelik doodgeloop, “waarskynlik omdat boerderye in daardie streek destyds ál meer na’n graanvertakking begin oorgaan het ten koste van skaapboerdery”.
Tans maak graanboerdery van 60% tot 70% van die meeste boere se vertakkings uit en skape die res. “Deesdae is daar egter ’n klompie jonger boere in die omgewing wat baie geesdriftig is oor skape, veral Merino’s.” Daarom is in 2015 besluit om die evaluerings kompetisie terug te bring. Dit was nadat ’n mini-kuddekompetisie die vorige jaar aangebied is, wat aangedui het hoe groot die belangstelling vir so iets werklik is.
Calldo is sedert 1977 met wolskape doenig in die SuidKaap sedert hy daar as skaap- en wolbeampte vir BKB begin werk het. Hy woon deesdae in die Suid-Vrystaat en is die tegniese bestuurder van die maatskappy RFID Experts Africa.
“Ek het hierdie kuddekompetisie destyds begin,” sê Calldo. Van 1985 tot 1987 was hy die koördineerder van Merino-jongooi-evaluering in die Wes-Kaap.
Calldo beskou jong ooie wat goed bestuur word, as die hoeksteen van ’n suksesvolle skaapboerdery. “Goed geteelde jong ooie bepaal die reproduk sietempo in ’n kudde. Daarom is dit belangrik dat jong ooie se gewig van speenouderdom af geleidelik toeneem. Goeie gewigstoename bring goeie eierselvorming teweeg en dit bevorder goeie reproduksie. Die ideaal vir ’n jong Merino-ooi is om op 12 maande van 48 kg tot 51 kg te weeg.”
Tydens die evaluerings kompetisie word veral klem gelê op bouvorm, wolgehalte oftewel wolvoortr eflikheid, en wol in die algemeen. “Ons kyk na aspekte, soos wollengte, -digtheid en -gehalte (die absolute ‘kwaliteit’), die wolstapel en ‘lywigheid’ van die wol, die wol se olie en kleur, asook penswol en punte. Dit alles word saamgevat onder die ooitjie se ‘woleienskappe’.”
Die beoordelaars kyk ook na die ooie se bouvorm en konformasie. “Aan alles gee ons ’n gesamentlike graderingspunt uit nege. ’n Punt van 7 of 7+ is bogemiddeld, 6 is gemiddeld, en 5 en onder is ondergemiddeld.”
INLIGTING BRING WINS
“Met die ontsettende droogte en die ooie wat vanjaar gevoer moes word, behoort al die jong ooie wat geëvalueer is, hul ideale gewig op die ouderdom van 12 maande te bereik. Die ooitjies wat beoordeel is, was van 7 tot 11 maande oud. Die belangrike kwessie is nou hul paring. Lambestuur en -stelsels moet gereed wees sodat die maksimum aantal lammers gespeen kan word. Puik reproduksie moet die ekstra voerkoste weens die droogte vanjaar kan delg,” meen Calldo.
Steenkamp sê hulle het ook ’n ramklub vir die omgewing van Heidelberg en Swellendam gestig om telers se ramme wetenskaplik te meet. “Die inligting wat daaruit kom, is baie belangrik vir Merinoboere se winsgewendheid. Dit help verbeter jou teelbeleid.”
Steenkamp sê daar sal altyd ’n plek vir wolskape in die SuidKaap wees ondanks die uitbreiding van die graanvertakking in die meeste boerderye. “Moenie oorhaastige besluite neem wanneer dit by jou skape kom nie – wolskape sal altyd ’n winsgewende vertakking van ’n boerdery in die Suid-Kaap wees,” is sy raad.
Vanjaar se wenners van die kompetisie was mnre. Kobus Human van Boskop (eerste), Maartin Gildenhuys van Goedemanskraal (tweede) en Pieter-Willem en Danie Gildenhuys van Zoutpan (derde), almal van Heidelberg. Ander kategori ewenners was (almal van Heidelberg): Arno Steenkamp van Oudekraalskop (wolvoortrefl ikheid); Kobus Human van Boskop (beste wolgehalte); Uysie Willemse van Goedeverw achting (hoogste omset en hoogste gemiddelde daaglikse gewigstoename); en Pieter-Willem en Danie Gildenhuys van Zoutpan (beste bouvorm).