Landbouweekblad

Volhoubare bamboes skep geleenthed­e

’n Oos-Kaapse bamboespla­as het die voortou geneem met kommersiël­e bamboespro­duksie – ’n volhoubare bron wat wyd gebruik kan word. w

- NAVRAE: Besoek www. ecoplanetb­amboonicar­agua.com

Die eerste ding wat jou opval as jy deur die hek van die Kowie-bamboespla­as naby Bathurst in die Oos-Kaap ry, is hoe netjies alles is. Die bamboespla­ntasies is in netjies rye, elkeen gemerk volgens plantdatum. Die gras tussen die bome is kort en stukkies van die natuurlike valleibosv­eld wat hier voorkom, is netjies toegespan.

“Ons verbou reusebambo­esspesies vir vesel en plant meestal Bambusa balcooa aan. Dit is ’n spesie wat in die 17de eeu in Suid-Afrika aangeplant is en wat nou wild in die Oos-Kaap voorkom,” vertel mnr. Troy Wiseman, uitvoerend­e hoof en medestigte­r van EcoPlanet Bamboo, ’n multinasio­nale maatskappy met sy wortels in Amerika.

Die maatskappy wil bedrywe wat nog staat maak op hout wat uit natuurlike woude geoes word, van ’n volhoubare en gesertifis­eerde grondstofb­ron voorsien. Boonop meen hulle hulle kan deur vesels uit bamboes te vervaardig ou en oorbewerkt­e grond herstel.

EcoPlanet Bamboo en die Kowie-plaas het geskiedeni­s gemaak toe hulle daarin geslaag het om bamboes met weefselkul­tuur te kweek – iets wat nog nooit vantevore gedoen is nie.

“Om die regte plante te kweek met weefselkul­tuur sodat hulle die omgewingst­oestande kon trotseer, was moeilik. Almal het gedink ons is mal, maar ons het net gefokus gebly.”

EcoPlanet Bamboo het plantasies in Nicaragua en Ghana van 4 000 tot 11 000 ha. Die plaas by Kowie is dus baie klein en dien eintlik net as proefplaas om nuwe produkte uit bamboesver­bouing te ontwikkel. Die plaas is in 2012 ontwikkel en was voorheen ’n pynappelpl­aas met oorbewerkt­e grond van ’n lae gehalte. Die reënvalver­eiste is nie heeltemal voldoende

nie (KwaZulu-Natal sou dalk meer geskik wees), maar die maatskappy het dié plaas gekies omdat daar nie grondeise in die gebied is nie en om werk te skep in ’n provinsie met ’n hoë werklooshe­idsyfer.

“Ons neem besluite op grond van finansiële, maatskapli­ke en omgewingsf­aktore,” sê hy.

Die plaas is in 2015 by die Forest Stewardshi­p Council Forest Management (FSC) gesertifis­eer. Dit is ’n internasio­nale organisasi­e wat die volhoubare verbouing van woude bevorder.

NIE ALDAG MAKLIK NIE

Om bamboes te kweek, is nie speletjies nie, sê Troy.

“Alles wat jy oor bamboeskwe­ek lees, is verkeerd. Mense dink bamboes word nie deur insekte aangeval nie en het nie bemesting nodig nie, maar ons weet nou van beter.”

Bamboes is baie gevoelig en in die eerste twee jaar vrek die plant maklik. Weefselkul­tuurplante word ’n jaar lank in ’n kwekery gehou, waarna dit vir nog ’n jaar gehard gemaak word voor dit uitgeplant word.

Me. Samantha Wilde, plaasbestu­urder, vertel hulle moes met stampe en stote leer.

“Ons pas ons bemesting aan namate die plant groei en moet deurentyd die plante beskerm teen hase en yster- en vlakvarke wat die wortels eet.”

Klein wild, soos duikers en rotte, vreet ook graag aan die blare, maar vernietig darem nie die plante nie. Om insekte, soos luise, myte en witluise, te bekamp, spuit hulle ’n warm sous, bestaande uit rissie, knoffel en olie, voorkomend op die plante – ’n goedkoop en omgewingsv­riendelike manier om die plante te beskerm.

TOT 20 M HOOG

Bambusa balcooa is ’n nie-indringend­e spesie wat elke jaar nuwe halms vorm. Die halms kan ná ses tot sewe jaar geoes word. Die binneste, dunner halms word eerste geoes. Die bamboes word jaarliks met die hand geoes en slegs ’n gedeelte van die plant word elke keer verwyder. Die halms se ideale grootte is 7,5 cm in deursnee. Die plant groei tot 20 m hoog.

Samantha sê hulle verwag om sowat 80 ton/ha te oes. Bamboes kan tot 60 jaar in produksie bly.

Die plante word in rye van 5 m x 5 m geplant.

Om die grondtempe­ratuur en voginhoud om die plant te reguleer, word die plante met swart plastiek omring. Dit voorkom ook dat onkruid met die plant meeding. Bemesting en onkruidbeh­eer word met die hand gedoen. Dit is duurder, maar is voordelig vir die omgewing, sê Samantha.

Hulle oes ook met die hand om meer werk te skep.

NUWE NUT

Tans doen hulle proewe om geaktiveer­de koolstof uit bamboes te vervaardig. Hiervoor het hullev onlangs oonde aangekoop. Geaktiveer­de koolstof is ’n poreuse stof wat organiese stowwe aantrek en vaslê.

Dit word gemaak deur bamboes teen ’n baie hoë temperatuu­r sonder suurstof te brand en dan te behandel sodat groot gate (porieë) in die koolstof vorm om ’n groot oppervlakt­e te skep.

Dit is ’n bekostigba­re manier om groot hoeveelhed­e water of lug te suiwer omdat dit skadelike organiese stowwe (soos olie, bensien en petrochemi­ese stowwe) vaslê. Dit kan ook reuke en kleur uit stowwe verwyder.

In die landbou word dit as plaagdoder gebruik of om veevoer te ontsmet. Die wynbedryf gebruik dit om witwyn te verhelder.

“Daar is baie belangstel­ling in bamboesves­el en semiverwer­kte bamboespro­dukte. Vervaardig­ers en kleinhande­laars besef toenemend die belangrikh­eid daarvan om grondstoww­e van ’n volhoubare bron te kry,” sê Troy.

 ??  ?? Mnr. Troy Wiseman in een van die bamboespla­ntasies naby Bathurst. Hulle oes sowat 80 t/ha.
Mnr. Troy Wiseman in een van die bamboespla­ntasies naby Bathurst. Hulle oes sowat 80 t/ha.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die bamboes is in netjiese rye aangeplant. Die gras tussen-in word kort gehou om brandgevaa­r uit te skakel.REGS: Geaktiveer­de koolstof, gemaak uit bamboes wat in ’n warm oond sonder suurstof gebak is, word onder meer in die landbou as plaagdoder gebruik.
BO: Die bamboes is in netjiese rye aangeplant. Die gras tussen-in word kort gehou om brandgevaa­r uit te skakel.REGS: Geaktiveer­de koolstof, gemaak uit bamboes wat in ’n warm oond sonder suurstof gebak is, word onder meer in die landbou as plaagdoder gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa