Landbouweekblad

NICK SERFONTEIN: ‘MENSE SKREE OM HULP’

-

Mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, sê hy is oorweldig deur die reaksie op sy ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa. “Ek kry trane in my oë as ek van die boodskappe lees van mense wat op my brief gereageer het.”

Hy sê die reaksie wat hy op die brief ontvang het, is 99,9% gunstig. “Ek het die e-posse wat ek gekry het, uitgedruk. Dié stapel is byna 50 cm dik. Die mense skree om hulp.” (Van die kommentare hieronder is vertaal. — Red.)

RYAN NEWBORN skryf: Goed gestel, Nick. Ek dink dis tyd dat ’n formele ondersteun­ing strategie vir grondhervo­rming deur die kommersiël­e landbou opgestel en uitgevoer word. Dis noodsaakli­k dat ondersteun­ing kanale gekoördine­er en op ekonomies lewensvatb­are eenhede gerig word. Landbou finansieri­ng s agentskapp­e moet ook gedwing word om met werkbare

NICK SERFONTEIN antwoord: Dankie, Ryan. Daar is agter die skerms inderdaad inisiatiew­e wat gerig is op presies wat jy sê.

RYAN NEWBORN antwoord: Wonderlik. Kom ons hoop dat dit wat agter die skerm gebeur, sal lei tot alternatie­we wat baie blootstell­ing kry. Die welwillend­heid van die kommersiël­e landbou moenie agter die skerms bly nie.

BRIAN LOXTON skryf: Ai Nick, ek hoop net pres. Ramaphosa lees jou brief met die nodige aandag wat dit verdien.

NICK SERFONTEIN skryf: Hy het, Brian, en hy het gereageer.

CHARLES GREYLING skryf: Baie dankie, Nick. Jy moet asb. voortbou op dit waarmee jy begin het. Ek bid vir jou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa