Landbouweekblad

DIS MOS HEMEL OP AARDE!

-

Manne, kom ons lig die hoed en salueer Landbouwee­kblad wat al dekades lank die boer en sy plaas op die podium hou. Dankie, LBW, dat julle ons deurentyd op die hoogte hou van die jongste verwikkeli­nge rakende onteiening sonder vergoeding.

Dié bedreiging het ’n uiters nadelige uitwerking op elke eienaar van eiendom. Niemand weet of hy in die visier is nie.

Om te dink dat dit wat jy op skuld gekoop en jou hele lewe lank aan afbetaal het, eensklaps die eiendom kan word van iemand wat nie ’n dag se werk verrig het nie, skep ’n gevoel van rebellie en verset.

Is pasella huise, munisipale geriewe, skole, universite­ite, hospitale en gesinstoel­aes nie hemel op aarde nie?

Van die miljarde rande wat voor en ná die onafhankli­kheid wording van die voormalige Transkei, Bophuthats­wana, Venda en Ciskei deur die Land Bank aan swart boere geleen is om beeste te koop, is daar geen teken nie. Van opstalle van onteiende plase wat by die tuislande ingelyf is, is daar nie ’n teken sigbaar nie.

Sedert 1994 is daar weer honderde miljoene rand aan opkomende swart boere geleen om beeste te koop. Daar was weiding, maar boere het geweier om huurgeld te betaal aan konings, hoofmanne en kapteins.

Wat het geword van die honderde miljoene rand se trekkers en gereedskap wat herhaaldel­ik aan die agtergeble­wenes geskenk is? Waar moes hulle geploeg en geplant het as daar nie grond vir hulle was nie?

’n Oudit van die Land Bank sal bewys hoeveel geld daar tussen neus en ore verdwyn het.

Die vraag is wie hierdie keer gaan probeer boer. Voornemend­e fortuinsoe­kers kan gerus kennis neem dat die plaasopsta­lle wat hulle in die oog het, met oorname erger sal lyk as die oorblyfsel­s wat die Engelse tydens die Anglo-Boereoorlo­g vir boere gelos het. GAWIE RICHTER Modimolle

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa