Kies Idwala vir kalkkorrels
Idwala is ’n voorloper op die gebied van kalkverskaffing vir die landbou én nywerhede. Sy produkte word gerugsteun deur navorsing uit Suid-Afrika, Amerika, Kanada, Europa, Skandinawië en Australië.
Intensiewe navorsing bevestig dat die gebruik van ultrafyn kalksteenpartikels hoogs doeltreffend is in die behandeling van landbougewasse met ’n kalsiumtekort.
Gevolglik het Idwala ’n reeks produkte wat daarop toegespits is om verskeie oplossings te bied, wat wissel van grondregstellings tot plantvoeding. Wat Idwala se produkte so besonders maak, is die bron van die grondstowwe.
Idwala se myne lewer van die beste gehalte kalk in SuidAfrika en wêreldklastegnologie om dié grondstowwe verder te verwerk. Die maatskappy doen deurlopend navorsing en ontwikkeling om sy posisie as die markleier te verseker.
Die volgende produkte is beskikbaar: ■ KuluDol – verkorrelde dolomiet – 40 mikron – ultrafyn.
■ KuluCal – verkorrelde kalsiet – 40 mikron – ultrafyn.
■ KuluGyp – verkorrelde gips – 100 mikron – mikrofyn.
■ Kulu Britereeks – ’n Reeks ultrafyn kalsiumkarbonaatprodukte met ’n verskeidenheid van gebruike. Idwala is toegespits op klante en gevolglik is hy ’n voorkeurverskaffer van betroubare en bekostigbare produkte.
KuluCal en KuluDol is uiters bekostigbaar en doeltreffend in die vinnige verbetering van grond se pHbalans.
Gewasse reageer gou op die produk en dit kan maklik met gewone kunsmisstrooiers versprei word. Die produkte is ideaal vir presisieboerderye en
kan gebruik word om spesifieke probleemgebiede te behandel.
KuluCal en KuluDol is uitmuntende bronne van kalsium, ’n belangrike plantvoedingstof wat biologiese aktiwiteit stimuleer.
Die produkte kan met kalsiumsulfaat, humaat en spoorelemente gekombineer word.
SWART OP WIT
Met die ontwikkeling van die verkorrelde kalk het Idwala verskeie proewe op plase gedoen. Die hele proses, van die begin af tot die uiteindelike uitslae, is professioneel gehanteer.
Idwala se span het hard gewerk op ’n kommersiële plaas, Wesvaliaboerdery by Howick in KwaZuluNatal, waar hoof
saaklik avokado’s verbou word, om die doeltreffendheid van die produk te bewys. Die resultate het getoon Idwala se produkte het bygedra tot ’n groter oes, beter vrugvorming en gesonder plante.
Daar is bewys dat Idwala se produkte die grondtoestande verbeter het, maar ook beter wortelontwikkeling by plante meegebring het. Gevolglik word hierdie produkte gereeld gebruik, ook op plase van dié boerdery in ander provinsies. Dit is voorwaar ’n suksesverhaal tot voordeel van verbruikers.
NAVRAE: Idwala Industrial Holdings; e-pos: mkruger@idwala. co.za; webwerf: www.idwala.co.za; tel. 011 795 4900.