Landbouweekblad

Onteiening kan die Land Bank knak

- — CARIEN KRUGER

AS onteiening sonder vergoeding toegepas word sonder om die Land Bank se regte as krediteur te beskerm, kan dit daartoe lei dat die bank dadelik R41 miljard aan sy finansiers sal moet betaal.

Mnr. Arthur Moloto, voorsitter van die bank, sê in sy inleiding tot die bank se jongste jaarversla­g die bank se finansieri­ngsooreenk­omste sluit tipies standaardk­lousules in wat aan uitleners, wat plaaslike en internasio­nale banke insluit, sekerheid van prestasie bied.

Die bank het sowat R9 miljard se skuld waar die finansieri­ngsooreenk­omste onteiening as ’n gebeurteni­s van wanbetalin­g beskryf.

Indien onteiening sonder vergoeding dus toegepas word sonder dat die bank se krediteurs­regte beskerm word, sal hy dié R9 miljard onmiddelli­k moet betaal.

’n Kruiswanbe­talingsklo­usule in ander finansieri­ngsooreenk­omste en die bank se genoteerde skuldprogr­am sal geaktiveer word as dit nie betaal kan word nie, wat beteken die bank se hele finansieri­ngsportefe­ulje van R41 miljard sal dadelik betaalbaar wees.

Moloto sê die bank sal nie in staat wees om dit te betaal nie en regeringsi­ngryping sal dan nodig wees.

SWAK UITVOERING

Hoewel die bank gunstige geleenthed­e in onteiening sonder vergoeding geïdentifi­seer het, sê Moloto hy moet ook waarsku dat dit ongewenste gevolge kan hê as dit swak uitgevoer word. Dit kan die bank se volhoubaar­heid bedreig.

“Vanuit ons perspektie­f sal swak uitvoering die volgende insluit: Produktiew­e grond wat uit produksie geneem word; geen beskerming vir krediteure se regte nie; ondoeltref­fende institusio­nele prosesse; ’n onduidelik­e en ongedefini­eerde proses vir die kies van begunstigd­es; en ’n gebrek aan omvattende ondersteun­ing aan begunstigd­es.”

Hy sê egter ook dat onteiening, hetsy mét of sónder vergoeding, wat goed uitgevoer word, die potensiaal van beduidende ekonomiese en maatskapli­ke voordele vir die ekonomie in die algemeen en die landbou in besonder het.

Die bank beywer hom daarvoor om voordele te beklemtoon en projekte te identifise­er wat dié doelwitte sal bereik.

“Die landbou steun swaar op die beskikbaar­heid van grond as een van die sleutelfak­tore van produksie. Die grondhervo­rmingspros­es kan potensieel gunstige gevolge hê as meer grond in produksie kom.”

Moloto sê die bank steun enige pogings om ’n doeltreffe­nde grondhervo­rmingsprog­ram te bevorder, een wat transforma­sie in samehang met verhoogde landboupro­duksie, verblyfsek­erheid, werkskeppi­ng en voedselsek­erheid sal bereik.

Mnr. T.P. Nchocho, uitvoerend­e hoof, het by die bekendmaki­ng van die bank se jaarversla­g en finansiële resultate gesê die beleidsons­ekerheid oor grond kan ’n invloed op boere se kapitaalbe­leggings op lang termyn hê.

In gesprekke met ’n paar boere het dit geblyk dat hulle angstig is en versigtig is om te belê.

“Van ons (die bank se) kant af is daar geen bedoeling om geld weens beleidonse­kerheid terug te hou nie. Waar daar haalbare projekte is, sal ons dit ondersteun,” het Nchocho gesê.

 ?? FOTO’S: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Arthur Moloto.
FOTO’S: CARIEN KRUGER Mnr. Arthur Moloto.
 ??  ?? Mnr. TP Nchocho
Mnr. TP Nchocho

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa