Landbouweekblad

Theo de Jager: Hoe wêreld se boere aardverhit­ting probeer stuit

Niemand is so kwesbaar vir klimaatsve­randering soos die wêreld se boere nie. En niemand kan soveel daaraan doen – oor ’n korter tyd en goedkoper – as die wêreld se boere nie.

-

Nog voor die eertydse Kioto-protokol in 1997 deur lidlande van die Verenigde Nasies (VN) onderteken is, trouens, nog voor die VN se raamwerkko­nvensie oor klimaatsve­randering (UNFCCC) in 1992 tot stand gekom het, het lidlande met mekaar vasgesit oor hoe die landbou in só ’n internasio­nale ooreenkoms ingesluit moet word. Uiteindeli­k het die Kioto-protokol niks oor die landbou gesê nie.

Vandat ek in 2011 by die internasio­nale klimaatsbe­raad COP17 in Durban as segsman vir die Wêreldboer­e-organisasi­e (WFO) by klimaatson­derhandeli­ngs betrokke geraak het, was die kern van ons betoog dat die landbou by ’n opvolgskik­king ingesluit behoort te word.

Europa, Noord-Amerika en Oseanië het ons saak deurlopend ondersteun, maar Afrika, en veral die Liga van Armste Lande, waaronder Gambië en Egipte, was daarteen gekant. Boere vorm so ’n wesenlike deel van hul stembasis dat daardie lande dit nie kan bekostig dat politieke beheer oor hul landbougem­eenskap aan enige internasio­naal bindende ondernemin­g onderwerp word nie.

‘DEEL VAN OPLOSSING’

In 2015 het die Parys-ooreenkoms die Kioto-protokol by COP21 vervang. Al is daar geen verwysing na die rol van die landbou nie, is voedselsek­erheid en landelike ontwikkeli­ng daarin beskryf. Dié kapstok is gebruik om ’n sterk saak vir die landbou by COP22 in Marokko te stel, veral teen die agtergrond van toenemende vloede, droogtes, brande, orkane en ander weerverwan­te natuurramp­e wat die landbou in verskillen­de wêrelddele pootjie.

Die UNFCCC het in Marrakesj erkenning gegee aan die vernietige­nde impak wat rampe op die landbou, en daarom ook op voedselsek­erheid kan hê, maar ons opgewonden­heid dat dit moontlik tot ’n reëling oor rampbestuu­r tussen lidlande kon lei, is kortgeknip toe Donald Trump in dieselfde week die presidents­verkiesing in Amerika gewen het en die klimaatson­derhandeli­ngs deur sy ontkenning­standpunte ontwrig is.

Die besef is ten minste gevestig dat klimaatsve­randering nie beteken dat ons nou weerrampe gaan hê nie – dit het ons nog altyd gehad – maar daardie vernietige­nde droogtes, vloede, hael, brande en winde kom met ’n groter frekwensie voor, duur langer en is intenser.

Boere wêreldwyd vra vir ’n maatreël in die strukture en begroting van die VN om ’n land of streek te hulp te snel wanneer uiterste weerstoest­ande hul produksie en produksiev­ermoë vernietig.

“Help ons om net weer op die been te kom,” vra hulle, “sodat ons deel van die oplossing en herstel kan word, en nie deel van die probleem bly nie.”

Ná orkaan Katrina het ek gesien hoe stormwinde ’n melkery se beeste op die Karibiese Eilande kilometers ver weggewaai, graanlande platgewaai en vrugteboor­de ontwortel het. Die VN het in 2016 laat blyk dat hy na aanleiding van ’n “eie bydrae” deur boere, wat waarskynli­k aan ’n omvattende rampversek­eringskema gekoppel moet wees, ’n dollar-vir-dollar-bydrae kan lewer om slagoffers in die landbou te help om weer op die been te kom, maar meer daaroor in ’n volgende rubriek.

AL DIE BEDRYFSLIG­GAME BETREK

Desnieteen­staande kry die wêreld se klimaatson­derhandela­ars dit nie reg om met mekaar ooreen te kom hoe die landbou by veranderen­de klimaatsto­estande kan aanpas, of selfs ’n bydrae kan lewer om die tempo van klimaatsve­randering te vertraag nie. Die verwagting­e van die landbou is meestal ver te hoog of hopeloos onprakties vir ’n bedryf wat wêreldwyd hoofsaakli­k in familie-ondernemin­gs verpak is.

Dit is om hierdie rede dat die WFO in Mei op sy jaarvergad­ering in Moskou besluit het om vir die eerste keer in sy geskiedeni­s by ’n wêreldwye massa-aksie deur burgerlike strukture betrokke te raak deur ’n boere-agenda vir klimaatsve­randering te ontwikkel, en aan die VN voor te lê.

Veeboere, saaiboere, houtboere, vrugteboer­e, visboere, wildboere, blomboere en groenteboe­re het besluit om per bedryf en per streek vorendag te kom met ’n waardeprop­osisie wat sal insluit wat boere meen hulvaagweg le kan doen om by klimaatsve­randering aan te pas en dit teen te werk, en ook wat daarvoor nodig sal wees. Bewaringsl­andbou, geenbewerk­ing, diversifik­asie, wisselbou, meganiseri­ng, verbeterde sade en praktyke om meer met minder en op minder te produseer, is bestanddel­e wat in daardie waardeprop­osisie ingesluit sal word.

Dit moet ontbossing en die landbouver­wante uitwissing van oerwoude kan stuit. Dit moet behels dat die derde van Afrika wat jaarliks afbrand, verminder word. Dit moet die landbou se koolstofsp­oor verklein.

Die WFO is daartoe verbind om met só ’n boereplan na die VN te gaan, en die bal in die baan van die politieke verteenwoo­rdigers te plaas. As die wêreld se boere ’n eie plan op die tafel gesit het, is daar min ruimte vir politieke agendas om dit te omseil. Daarvoor is die bedryfslig­game van die kunsmis-, landbouche­miese, meganisasi­e- en versekerin­gsbedryf reeds genader en in ’n vennootska­p saamgesnoe­r.

Saam met hierdie internasio­nale bedryfslig­game elders in die waardekett­ing sal die boeregedre­we agenda vir klimaatsve­randering in November vanjaar op COP24 in Pole van stapel gestuur word.

Dr. Theo de Jager is voorsitter van die Wêreldboer­e-organisasi­e, voorsitter van Agri Limpopo se transforma­siekomitee en boer van Tzaneen. In ’n nuwe, gereelde rubriek sal hy oor wêreldland­bousake kommentaar lewer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa