Landbouweekblad

WAAR’S DIE TWYFEL?

- — CHRIS BURGESS

Die probleem met die wêreld, het die Britse filosoof en wiskundige Bertrand Russell uitgewys, is dat dwase en fanatici altyd so seker is van hul saak, terwyl wyser mense nie kan help om erg oor hul besluite te twyfel nie. Sy opmerking som Suid-Afrika se penarie mooi op.

Ons probleem is mos maklik. Die grond moet net aan die “regmatige eienaars” terugbesor­g word, dan sal alles perfek wees. Dit is wit mense, soos Russell se dwase en fanatici knaend uitwys, wat klaarblykl­ik die land se probleem is. Hulle weerhou die res van die samelewing daarvan om hul regmatige plek in die ekonomie in te neem.

Teen ’n skamele 8% van die bevolking (en hulle word ál minder) is wit mense eintlik statisties irrelevant. Al oorhandig hulle ál hul plase en die res van hul welvaart dadelik aan die res van die sowat 55 miljoen Suid-Afrikaners en dit word gelykop verdeel, gaan dit steeds nie ’n noemenswaa­rdige impak op armoede maak nie.

Die vraag behoort te wees: Hoe het wit mense hierdie historiese welvaart, wat almal so graag wil herverdeel, bymekaar gemaak? En hoe kan dit herhaal word sodat ons groter ekonomiese gelykheid in ons samelewing kan bewerkstel­lig om só groter maatskapli­ke stabilitei­t teweeg te bring en politici te ontneem van die versoeking om voor elke verkiesing maklike sondebokke te vind om hul eie mislukking­s te verdoesel?

Dit begin by goeie opvoeding, dissipline, opoffering­s en sinvolle ondersteun­ing van dié wat wil en kán — alles terreine waarop die huidige treurige spul in die Uniegebou klaaglik misluk het.

Suid-Afrika se grootste probleem is ’n onbeholpe, lui en korrupte staat wat die land se vooruitgan­g dooddruk, terwyl die spelreëls opgestel word om vir die grootste teenstrydi­ghede voorsienin­g te maak. Kyk byvoorbeel­d na die Mededingsk­ommissie, wat oënskynlik op die been gebring is om groter mededingin­g in die breë ekonomie te bevorder, terwyl die staat die grootste monopolie in die ekonomie bedryf én dit swak doen. Kyk net na Eskom se genadelose wurggreep op die ekonomie. Dit is maar net die begin van die tragedie van staatsonde­rnemings waar enige verantwoor­dbaarheid totaal ontbreek en miljarde rande wat gebruik moes word om welvaart vir die nasie te skep, só vinnig verdwyn dat die hele land se finansies nou in gedrang is.

Terwyl die staat nie vir mense welvaart kan skep nie, is daar die potensiaal van private eiendomsre­g. Dit is die een manier waarop individue vir hulself ’n bietjie welvaart bymekaar kan maak. Hulle kan dit ook aan hul kinders nalaat om te verseker hulle is darem effens beter daaraan toe as hul ouers. Welvaart wat van een geslag na die ander oorgedra kan word, is immers die hefboom wat wit Suid-Afrikaners gebruik het om hulself op te hef.

Elke eienaar van eiendom, hetsy ’n staatsplaa­s, baksteenHO­P-huis of sink-krothuis, behoort dadelik titelaktes te kry. Só kry hulle ’n ekonomiese bate met regte waarde. Ja, party gaan hul titelaktes prysgee vir drankgeld of ander onsinnighe­de, maar baie gaan nie. Dit is in elk geval onmoontlik om wette te maak om domheid of moraliteit te reguleer.

Om mense toe te laat om hul eie heil te vind, lê egter nie binne die verwysings­raamwerk van die land se dwase en fanatici nie, waar die oplossings altyd eenvoudig en sonder twyfel afgedwing word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa