Landbouweekblad

SKOUE: VOLG NAMIBIË SE VOORBEELD

-

Die bydrae “Skoue se toekoms” in Manie (LBW , 10 Augustus 2018) het betrekking.

Hier in Namibië stel ons al lankal minimum produksiev­ereistes aan veral vroulike diere waarmee geskou word.

Verse moet voor die ouderdom van 39 maande kalf. Daarna moet koeie ’n tussenkalf­periode van 420 dae handhaaf. Hierdie inligting verskyn op haar skoukaart en is dus bekend aan die beoordelaa­r. By bulle word skrotums gemeet, en dit moet aan minimum rasstandaa­rde voldoen.

In die superbulkl­as word eie beraamde teelwaarde-indekse, die aantal nageslag en die persentasi­e van die nageslag wat goedgekeur is, tydens beoordelin­g in ag geneem.

Ná ’n raadsbeslu­it is ál die beraamde teelwaarde-indekse van Brahmane in die ring vir die beoordelaa­r beskikbaar. Dit kan deur hom gebruik word om sy plasings te maak.

Mense kan dus sien dat by ons nie net die mooi tel nie, maar die produksie ook.

Groete uit ons beeswêreld. SIGI VON LÜTTWITZ Brief per e-pos ontvang.

PA SE TERUGKEER NA HOENDERS SKOU

Ek moet tog vertel van toe my pa op die rype ouderdom van 70 besluit het om weer ná twintig jaar hoenders te skou.

Dit klink dalk eenvoudig, maar vir die hoendersko­uers is dit ’n ernstige storie. Elke hoender móét gering wees. Die hoenders word ook vreeslik ge-groom voor die tyd en kry selfs ’n spesiale rantsoen van sonneblomp­itte. Die olie in die pitte laat glo die vere mooi blink. Dan word hulle ook afsonderli­k in skouhokke geplaas sodat die ander hoenders nie hul vere kan uitpluk nie. As die beoordelaa­rs een vlooi op die hoender kry, word hy of sy summier gediskwali­fiseer.

By ons was die situasie egter effens anders. Eintlik chaoties, om dit ligtelik te stel. My ma het in dieselfde week ’n groot rugoperasi­e ondergaan. Gevolglik moes my pa elke dag op en af na die hospitaal ry. Hy is deesdae nie meer so goed met administra­sie en sperdatums nie, en die inskrywing­s moes reeds teen die betrokke Vrydag ingehandig wees. Die Donderdagm­iddag het hy nog nie eens besluit watter hoenders om te skou nie. Dus het hy inderhaas gesoek na ’n klompie wat gering is en die nommers op ’n papier neergeskri­bbel, sodat ek (sy nie-amptelike sekretares­se) dit kon instuur.

Ek moet sê, ek was nogal erg bekommerd oor dié besigheid, veral omdat hy jare laas hoenders geskou het. Ander mense was die hoenders met spesiale sjampoe en opknapper en blaas die vere met haardroërs droog. Dan skrop hulle ook die pote met borsels en seep en smeer dit daarna met Vaseline sodat dit pragtig kan blink.

My pa se hoenders het egter nog buite in die sand rondgeskro­p. Ek het later verneem of hy darem nog onthou dat die hoenders oor twee dae geskou moet word, waarna hy my taamlik geïrriteer­d geantwoord het dat ek my moet bepaal by iets waarvan ek iets weet en hom moet uitlos. Hy het immers al meer kere hoenders geskou as wat ek oud is.

Ek het toe maar gemaak soos hy sê en my mond gehou.

In elk geval, die aand voor die tyd het hy teen sterk skemer geskarrel om die hoenders gevang te kry. Hy het hulle sommer vinnig in die kratte geprop en beslis die spoedgrens oortree toe hy na die skouterrei­n gejaag het.

Daar was glad nie tyd om die hoenders te was nie, nog minder om opknapper op te sit en allermins om enige hoender se vere droog te blaas. Hy was boonop nie seker of hy die regte Silky gevang het nie, want sy bril was soek en hy kon nie kyk of hy die regte ringnommer het nie. Hy’t hom maar in elk geval net so ingeskryf en gehoop op die beste.

Die Saterdag het hy en my dogtertjie gery om te gaan kyk hoe dit by die skou gaan.

Terwyl hulle nog so na sy hoenders soek, roep iemand skielik sy naam uit. Lang storie kort, daar wen hy en sy hoenders toe ’n hele sak vol pryse. Om alles te kroon, is die Silky waaroor hy so onseker was, toe sommer die beste hoender op die skou.

Steeds was dit het einde niet. Die organiseer­ders kondig toe aan dat alle hoenders direk ná die prysuitdel­ing verwyder moet word. Die probleem was dat my pa daar was met die kar en nie ’n enkele hoenderkra­t by hom gehad het om die hoenders in te vervoer nie. Hy en my dogtertjie moes toe noodgedwon­ge die hoenders een vir een kar toe dra. Daar was egter te veel hoenders en hulle kon nie almal op een slag dra nie. Hulle het hulle toe maar een-een gedra en in die kattebak geprop. My dogtertjie vertel dit was ’n nagmerrie, want elke keer as hulle die volgende hoender bring, spring die ander lot weer uit.

Einde ten laaste het hulle toe die spul in die kar gekry, al moes hulle met ’n klomp hoenders in die kattebak en met die res op hul skoot terugry Pretoria toe.

Ek wens ek kon dié prentjie op kamera vasvang!

Die aand was my pa weer skoon, maar doodmoeg terug om betyds by die hospitaal te wees vir besoektyd. FRANCI SCHABORT Centurion

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa