Landbouweekblad

MABUZA: ‘JULLE MOET PLOEG EN PRODUSEER’

- — CARIEN KRUGER

‘Die ANC sal nie grondgrypp­rosesse steun wat gerig is op die ondermynin­g van die ekonomie en die landbou nie.’

TE midde van versoenend­e gesprekke tussen die georganise­erde landbou en regeringsl­ui verlede week, asook ’n voorneme binne die georganise­erde landbou om ’n gesamentli­ke toekomspla­n uit te kerf, het Landbouwee­kblad en Agri SA se beraad oor grond-oplossings ook op ’n hoë noot begin.

Adj.pres. David Mabuza het boere gevra om voort te gaan om voedsel te kweek en in hul plase te bly belê.

“As die reën geval het, wil ons stof sien (soos boere begin ploeg),” het Mabuza op die beraad in Bela-Bela gesê. “Ek wil julle aanmoedig om aan te hou boer; niks sal daardie produksie ontwrig nie.”

Mabuza het boere op dié manier probeer gerusstel oor vrese ten opsigte van onteiening sonder vergoeding. Hy het boere ook gevra om betrokke te raak by grondhervo­rming deur hul vaardighed­e en kennis aan opkomende boere oor te dra.

Hy het gesê grondhervo­rming moenie tot maatskapli­ke en rasseverde­ling lei nie, en ook nie ’n bedreiging vir die landbousek­tor en die ekonomie wees nie. “Pleks daarvan dat dit ons verdeel, moet dit ons versterk.”

Mabuza het die ondernemin­g gegee dat alles wat vir grondhervo­rming gedoen word, in ooreenstem­ming met die Grondwet en wetlike raamwerke sal wees. “Die ANC sal nie grondgrypp­rosesse steun wat gerig is op die ondermynin­g van die ekonomie en die landbou nie.”

Hy het hom uitgespree­k teen diegene wat die “netelige en emosionele” grondhervo­rmingskwes­sie gebruik om Suid-Afrika te verdeel, deur “ons grondhervo­rmingsmaat­reëls vir die internasio­nale gemeenskap te verwring en die vals boodskap te versprei dat wit boere ’n aanslag van hul eie regering ervaar”.

“Dit is glad nie waar nie,” het Mabuza gesê.

Volgens hom erken die Regering die belangrikh­eid van die landbou as ’n belangrike steunpilaa­r van die ekonomie en voedselsek­erheid.

Mabuza het egter ook die be-

langrikhei­d van die regstellin­g van die ongeregtig­hede van die verlede benadruk en gesê as dit nie betekenisv­ol gedoen word nie, gaan dit tot onstabilit­eit en onbedoelde gevolge lei.

“Ons het geen ander keuse as om die saak te benader met ’n erkenning dat ons saam in hierdie situasie is nie.”

Mabuza, voorsitter van die interminis­teriële komitee oor grondhervo­rming, gaan aan pres. Cyril Ramaphosa voorstel dat leiers van Agri SA, TLU SA, die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa) en die National African Farmers’ Union (Nafu) in die paneel van kundiges dien wat die komitee gaan adviseer.

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, het die grondberaa­d geopen en verwys na ’n verklaring van voorneme om verantwoor­delikheid vir grondhervo­rming te aanvaar. (Sien

berig hiernaas.) Kriek het gesê die vorige politieke bedeling het groot lyding vir mense gebring. Om hul waardighei­d nou te herstel, is dit nodig om hande te vat.

Die oplossing vir die ekonomiese probleme is om die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan in werking te stel en met ’n plan vorendag te kom waardeur grond vir behuising in landelike gebiede, nywerheids­ontwikkeli­ng en swart boere beskikbaar gestel kan word.

“Ons kan dit op ’n volhoubare manier doen, sonder om die balans te versteur en mense bang te maak.”

 ??  ?? Adj.pres. David Mabuza (INLAS) was een van die eerste sprekers op Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d op Bela-Bela.
Adj.pres. David Mabuza (INLAS) was een van die eerste sprekers op Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d op Bela-Bela.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa