Landbouweekblad

Diensversk­affer nie vertrou oor onteiening sonder vergoeding

- — JOYLENE VAN WYK

’N VOORLOPIGE verslag wys die meeste kommentare op onteiening sonder vergoeding is gekant teen ’n grondwetli­ke wysiging, maar die diensversk­affer wat die verwerking doen, se syfers word nou bevraagtek­en.

Van die 149 886 kommentare wat verwerk is, is die meeste (89 327 of 59,6%) gekant teen ’n grondwetli­ke wysiging en 60 167 (of 40,14%) ten gunste daarvan. Daarby was 402 (of 0,27%) besluitelo­os oor die wysiging.

Isilumko Staffing, die diensversk­affer wat die verwerking van al die skriftelik­e kommentare doen, gaan nou ingeroep word om sy werkwyse te kom verduideli­k.

Dit kom nadat die voorlopige verslag van die maatskappy politieke partye wat graag ’n grondwetli­ke wysiging wil hê, verbaas het met sy uitslae.

Sowat ’n derde of 149 886 van die skriftelik­e kommentare wat die grondwetli­ke hersiening­skomitee ontvang het, is teen einde verlede week verwerk. Net meer as 300 000 moes nog teen druktyd verwerk word. Die ko-

mitee het die hoop uitgespree­k dat alle kommentare teen einde Augustus voltooi sal wees.

Van die 149 886 kommentare is 775 uit die buiteland ingedien. Dit is nog nie duidelik of dit buitelands­e maatskappy­e is wat belange in Suid-Afrika het, of landsburge­rs is wat dit ingedien het nie.

Mnr. Vincent Smith, medevoorsi­tter van die hersiening­skomitee, het gesê diegene wat gekant is teen die wysiging, het onder meer aangevoer dat die Grondwet reeds vir onteiening vir grondhervo­rmingsdoel­eindes voorsienin­g maak. Hulle het glo ook gesê Suid-Afrika kan die gevaar loop om buitelands­e beleggings te verloor en dat die reg op eiendom geskaad sal word. Daar is ook kommer oor werksverli­ese, ’n bedreiging van voedselsek­erheid en dat dit ’n verkiesing­sfoefie is.

Dié wat ten gunste daarvan is, het aangevoer dat die billike en regmatige eienaarska­p van huidige grondeiena­ars moeilik bewys kan word en dat plaasbewon­ers die reg op die grond het waarop hulle al jare woon.

WENKBROUE GELIG

’n Eksterne diensversk­affer is aangestel om ontvangs van die kommentare te bevestig, die data ten gunste van en teen die wysiging van die Grondwet vas te lê en elke voorleggin­g op te som. Dan moet hy ook die inligting ontleed en ’n verslag saamstel vir die lede van die grondwetli­ke hersiening­skomitee.

Mnr. Julius Malema, leier van die EFF, glo egter die maatskappy is besig om die komitee ’n rat voor die oë draai. Dit is nie eens seker of die maatskappy gekeur is nie, wat die siening van die bestuur is, en hoe die bestuur lyk nie, het Malema aangevoer.

Hy het ook gesê dit is belangrik dat die maatskappy onder oë geneem word, aangesien daar niemand in Suid-Afrika is wat neutraal staan teenoor die grondkwess­ie nie.

Malema se versoek is toegestaan dat die maatskappy op 29 Augustus aan die komitee verslag moet doen.

 ??  ?? Mnr. Vincent Smith
Mnr. Vincent Smith

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa