Landbouweekblad

AFASA SOEK TRANSFORMA­SIE, SAMEWERKIN­G IN LANDBOU

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

’N FERM voorsitter van die African Farmer’s Associatio­n (Afasa) het op dié organisasi­e se kongres in Kempton Park haar stem dik gemaak oor transforma­sie in die landbou. Sy het egter ook gevra dat swart boere maniere moet kry om met wit boere en die kommersiël­e landbou saam te werk tot voordeel van die hele landboubed­ryf in Suid-Afrika.

Dr. Vuyo Mahlati, Afasa se voorsitter, het gesê ongelykhei­d in die landbou moet getakel word. “Eenheid in die landbou lei tot eenheid in uitnemendh­eid en welvaart. Ons kan nie praat van gelykheid as swart boere steeds onderdruk word nie; die stelsel moet verander.”

Mahlati het gesê meer duidelikhe­id oor eiendomsre­g binne die Grondwet is nodig. “Verwarrend­e interpreta­sies van die wet en kwessies oor die beginsel van gewillige koper en gewillige verkoper het al probleme met die menslike aard laat blyk. Grondpryse is buiten-

sporig hoog gemaak, buite die bereik van gewone swart boere, terwyl die herverdeli­ngstelsel vol korrupsie is.

“Dit benadeel die armstes en bevoordeel dié met geld. Die Grondwet moet dus duideliker gemaak word om die situasie te beredder,” het sy gesê, maar bygevoeg dat Afasa ’n stelselmat­ige benadering tot landboutra­nsformasie wil volg.

“Landboutra­nsformasie het nog lank nie begin nie. Wetgewing maak dit vir swart boere moeilik om tot die bedryf toe te tree. Daarom wil ons meer duidelikhe­id oor die herverdeli­ng van grond hê.

“Die dereguleri­ng van die verskillen­de kommoditei­te 21 jaar ge-

lede het swart boere heeltemal in die steek gelaat. Die privatiser­ing van dié instelling­s het swart boere uitgesluit uit die primêre landbou en wit boere bevoordeel. Afasa wil dié kwessies takel deur wetgewing en hoe ons werk, aanpas.”

Mathlati het boere aangemoedi­g om saam met die kommersiël­e landbou te werk. “As ons praat oor eenheid in die landbou, vra ons ‘werk saam met ons’. Swart boere kan bou op die krag van die wit, kommersiël­e landbou. Hoe doen ’n mens dit? Die belangriks­te is dat ons steeds maniere moet kry om saam te werk om die landbou in Suid-Afrika uit te bou,” het sy gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa