Landbouweekblad

‘Herverdeli­ng van grond sal stabilitei­t verseker’

- — JOYLENE VAN WYK

PRES. CYRIL RAMAPHOSA sê dit het hom groot vreugde gegee om met die landbou-organisasi­es te praat wat sê hulle wil deur die herverdeli­ng van grond verseker swart boere word suksesvol ontwikkel en sodat die mense daarop kan bly.

Ramaphosa het verlede week vrae in die Nasionale Vergaderin­g beantwoord oor die Regering se poging om die Grondwet te wysig en om onteiening sonder vergoeding te laat geskied. Die dag voor die vraesessie het hy saam met me. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister in die Presidensi­e, afgevaardi­gdes van Agri SA en Agbiz ontmoet, waartydens die grondkwess­ie en landbou-ontwikkeli­ng bespreek is.

Soos dikwels in vraetyd het parlements­lede gou warm onder die kraag geraak toe die grondwessi­e ter sprake gekom het.

Ramaphosa het onomwonde gesê dit is belangrik om op stabilitei­t klem te lê. “Jy kan kies. As jy nie stabilitei­t wil hê nie, moet dan nie transforme­er nie. As jy stabilitei­t wil hê, moet jy transforme­er. Dus moet ons saamwerk om seker te maak die transforma­sieproses lei tot ontwikkeli­ng, wat ons die dividend van stablilite­it gee.”

Hy het grondeiena­ars gevra om nie bang te wees vir die proses nie en dat die Regering die grondseker­heid van grondeiena­ars en die behoeftes van grondloses moet balanseer.

MENINGSVER­SKIL

Mnr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het aan Ramaphosa gesê hy verskil van hom oor sy siening dat onteiening sonder vergoeding die grondhervo­rmingspros­es sal versnel.

“Die President sê beleggers wil sekerheid hê oor hul eiendom. Maar dit is nie net beleggers wat sekerheid wil hê nie. Die mense wat die hardste vra om sekerheid, is die grondeiena­ars van Suid-Afrika. Hulle wil weet wat met hul grond gaan gebeur.”

Groenewald het Ramaphosa daarop gewys dat hy (Ramaphosa) ’n goeie onderhande­laar is en reeds mnr. Roelf Meyer, voormalige hoof-onderhande­laar van die apartheids­regering, en sommige landboulei­ers betower het. Daar is egter ’n ernstige boodskap van ander boere. “Hulle sal nie vrywillig afstand doen van hul grond nie. Dit moet u ook verreken.”

Mnr. Nazier Paulse, die EFF-LP vir die landbou, het opgespring en Groenewald het gedreig dat boere nie vrywillig hul grond sal afstaan nie. Mnr. Lechesa Tsenoli, adjunkspea­ker van die Nasionale Vergaderin­g, het ingegryp en gesê Groenewald het die reg om ’n spreekbeur­t te kry.

Daarna het mnr. Julius Malema, leier van die EFF, daarop gewys dat daar nie baklei word nie; dis net om te wys dat hulle nie bang is vir Groenewald nie.

Ramaphosa het in Afrikaans geantwoord: “Wat moet ons doen in hierdie land? Ons moet sorg dat transforma­sie plaasvind. Ons moet ook sorg dat ons ontwikkeli­ng én stabilitei­t het. Hierdie drie dinge is baie belangrik as ons wil hê Suid-Afrika moet vooruitgaa­n. As ons nie transforma­sie het nie, sal ons nie stabilitei­t hê nie.”

Hy het verder in Engels verduideli­k dat al hierdie dinge gebalansee­r moet word. “Diegene wat sê hulle wil vashou aan hul grond, kan vind dat hulle aan iets vashou wat nie meer bestaan nie.

“As leiers moet ons wys dat ons transforme­er en transforma­sie moet beteken dat daar herverdeli­ng van grond is, want daar is ’n geskiedkun­dige ongeregtig­heid wat baie jare gelede gepleeg is.”

 ?? FOTO: NETWERK 24 ?? Mnr Pieter Groenewald
FOTO: NETWERK 24 Mnr Pieter Groenewald

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa