Landbouweekblad

WILDPLAAS NIÉ SONDER VERGOEDING ONTEIEN

- — JOYLENE VAN WYK

ANDERS as wat in die media berig is, is ’n wildplaas van Akkerland Boerdery (Edms.) Bpk. in Limpopo nié sonder vergoeding onteien nie, sê Agri SA.

Daar bestaan steeds heelwat verwarring oor die verskil tussen onteiening sonder vergoeding en wanneer plase vir restitusie ontneem word en die Regering minder daarvoor wil betaal as wat die grondeiena­ar verwag.

Me. Annelize Crosby, hoof van grondsake by Agri SA, sê daar is grondeise op twee plase van Akkerland. ’n Dispuut bestaan oor die vergoeding­sbedrag wat die Regering aanbied.

Onderhande­linge oor die grondeis het reeds in 2013 begin. Luidens berigte is ’n kennisgewi­ng van voorneme om te onteien, reeds verlede Oktober op Akkerland beteken. Die eienaars het destyds teen die onteiening­skennisgew­ing van die Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, toe nog mnr. Gugile Nkwinti, beswaar gemaak. Me. Maite Nkoane-Mashabane het intussen by Nkwinti as minister oorgeneem.

Landbouwee­kblad het verlede September berig die departemen­t wil ses plase in Mpumalanga en een in Limpopo met verminderd­e vergoeding bekom. Mnr. Mabuse Ratlhagane, kommunikas­iehoof van die Grondeisek­ommissie, het gesê die kennisgewi­ng vir moontlike ontneming is aan die gang.

Me. Nomfundo Gobodo, die hoofgronde­isekommiss­aris, het gesê dat met die proses begin is nadat die eienaars van die plase die waardasie van die grondwaard­eerder-generaal verwerp het.

Die kantoor van die grondwaard­eerder-generaal is in 2015 tot stand gebring om vergoeding vir grond te bepaal omdat sommige grondeiena­ars volgens die Regering te veel vir grond vra wat vir grondhervo­rming aangewend moet word.

Die grondwaard­eerder-generaal moet “billike” en “regverdige” vergoeding bepaal vir grond wat die staat wil bekom.

KOMMER OOR FORMULE

Volgens Crosby is die Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 22 van 1994) baie duidelik daaroor dat die minister se onteiening­sbevoegdhe­id slegs uitgeoefen kan word as daar ’n geldige eis ingevolge die wet is.

“Die minister is gebonde aan die bepalings van die Wet op die Bevorderin­g van Administra­tiewe Geregtighe­id (Wet 3 van 2000) en moet alle voorleggin­gs wat in so ’n proses gemaak word, behoorlik oorweeg. Indien die minister dit nie doen nie, kan die besluit deur die hof hersien word. Indien die minister gefouteer het deur te onteien voor die geldigheid van die eis deur die hof besleg is, behoort die hof die eienaars te help.”

Enige dispuut oor vergoeding moet ook deur die hof besleg word, maar dit hoef nie noodwendig voor die onteiening plaas te vind nie.

Ingevolge die Onteiening­swet (Wet 63 van 1975) moet 80% van die vergoeding wat aangebied is, op die datum van die onteiening aan die eienaar betaal word. Die eienaar kan daarna die hof nader om die vergoeding vas te stel.

Luidens berigte is die grondeiena­ars in dié geval besig om hul regsopsies uit te oefen.

Agri SA is bekommerd oor die formule wat skynbaar deur die waardeerde­r-generaal gebruik word om regverdige en billike vergoeding te bepaal en meen die formule moet in die hof getoets word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa