Landbouweekblad

Ontwikkeli­ng van kleinboere verminder Spar se vervoermyl­e

- — CARIEN KRUGER

DIE Spar-winkelgroe­p het sy model vir aankope van vars produkte só verander dat hy produkte by kleinboere naby sy winkels kan koop. Só maak die groep sy verskaffer­sgrondslag meer inklusief, hy help om armoede in landelike gebiede te verlig en verkort die lang afstande waaroor vars produkte vervoer word.

Mnr. James Lonsdale, nasionale bestuurder van vars produkte, het op die PMA Fresh Connection­s-konferensi­e in Pretoria gesê een van die probleme van Suid-Afrika se voedselste­lsel is dat groot, kommersiël­e plase meestal supermarkt­e se bron van vars produkte is.

Produkte word in groot maat na sentrale verspreidi­ngsentrums gebring. “Die tradisione­le verskaffin­gskettings en voedselmyl­e is baie lank. Groot kommersiël­e plase neig om die mark te oorheers, terwyl kleiner boere sukkel om formele waardekett­ings te betree.”

Terselfder­tyd koop arm mense min vars vrugte en groente.

Spar wil deur die skep van landelike spilpunte die beskikbaar­heid en bekostigba­arheid van vars

produkte verbeter.

Deur die model bevorder hy meer plaaslike verkryging van vars produkte en word opkomende kleinboere betrek.

As voorbeeld het Lonsdale die omgewing van Letsitele genoem, waar produkte voorheen drie dae lank oor 1 400 km vervoer is, maar nou, danksy die nuwe model, net 40 km ver vervoer word. Korter afstande is nie net goedkoper nie, maar bevorder ook die produkte se varsheid en raklewe.

Die kriteria waarvolgen­s Spar die liggings van spilpunte kies, sluit in groot getalle opkomende kleinboere wat marktoegan­g en ontwikkeli­ngsteun nodig het, hoë landboupot­ensiaal, groot landelike armoede, baie Spar-winkels, en beskikbare mentorskap deur kommersiël­e boere.

Spar is betrokke by die finansieri­ng van kleinboere se produksiem­iddele omdat kleinboere nie verblyfsek­erheid het nie en dus nie banklening­s kan kry nie. Spar het ook ’n voedselvei­ligheidspr­ogram ingestel, bekend as LocalGAP, wat deur GlobalGAP onderskryf word.

 ??  ?? Mnr. James Lonsdale
Mnr. James Lonsdale

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa