Landbouweekblad

RASIONELE OPLOSSING VIR ONTEIENING NODIG, SÊ ZZ2-BAAS

- CARIEN KRUGER

MNR. TOMMIE VAN ZYL , uitvoerend­e hoof van ZZ2, is optimistie­s oor Suid-Afrika se toekoms, ondanks die probleme en pessimisme in sekere kringe.

Van Zyl, ondervoors­itter van die varsproduk­tebemarkin­gsverenigi­ng PMA se internasio­nale raad, het op die PMA Fresh Connection­s-konferensi­e gesê Suid-Afrika “is in ’n fantasties­e plek, ondanks al die pessimisme oor die huidige situasie”.

Onteiening sonder vergoeding is volgens hom ’n kwessie wat gepak moet word. “Ons moet rasionele antwoorde vind, anders gaan Suid-Afrika weer die muishond van die wêreld word, soos hy voor 1994 was.”

As produsent van vars produkte is Suid-Afrika volgens Van Zyl in ’n baie goeie strategies­e posisie –aandiesuid­puntvanAfr­ikaen ook deel van Suider-Afrika.

Hy is logistiek verbind met die nuwe, groeiende markte in die Ooste, asook met Afrika met sy verwagte bevolkings­groei. Ter- selfdertyd het die land goed gevestigde verhouding­s met klante in Europa en die Amerikas.

Van Zyl het gesê Suid-Afrika het inherente sterk punte, veral rakende tuinbougew­asse, en is op wêreldvlak ’n laekostepr­odusent, wat hom internasio­naal baie mededingen­d maak.

Wat groente betref, is die probleem dat die Suid-Afrikaanse mark van sowat 50 miljoen mense en die Suider-Afrikaanse mark van sowat 250 miljoen mense internasio­naal gesproke klein is en groei sal beperk.

Volgens Van Zyl lê die geleenthed­e dus eintlik in die verbeterin­g van produktiwi­teit en doeltreffe­ndheid, en veral in die bediening van nuwe markte met die sogenoemde supervrugt­e, soos amandels en bloubessie­s. “Ek meen ons gee nie genoeg aandag daaraan nie.”

Suid-Afrika het sowat 1 000 ha onder bloubessie­s, maar behoort volgens Van Zyl eintlik minstens 7 000 ha te hê om in die bestaan- de vraag te kan voorsien.

Groter aandag aan die verbouing van supervrugt­e sal volgens hom tot ekonomiese groei bydra.

Van Zyl het gesê dit is egter vir enige Suid-Afrikaanse ondernemin­g, en ook vir die land, belangrik om die regte klimaat te skep. “Die voorvereis­te vir sukses is om te aanvaar dat ons in ’n oop gemeenskap is, wat vir my beteken die toekoms is belangrike­r as die verlede. Nie dat ons die verlede wil vergeet nie, veral nie wat verkeerd was nie, maar ons moenie daarin vasval nie.”

Van Zyl het gesê daar moet aan ’n gemeenskap­like toekoms gebou word, en “die ander” moet belangrike­r wees as “die self”.

As ’n mens dus in jou ondernemin­g belê, moet dit nie net ter wille van jouself en aandeelhou­ers wees nie, maar tot voordeel van ’n breë groep belanghebb­endes. –

 ??  ?? Mnr. Tommie van Zyl
Mnr. Tommie van Zyl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa