Landbouweekblad

UITTREDEND­E LEIER NEEM JAAR IN OËNSKOU

-

VLEISVEILI­GHEID wasdietema­watdieafge­lope jaar die meeste aandag in die rooivleisb­edryf geniet het, grootliks weens die uitbreking van listeriose wat meer as 200 mense se lewe geëis het. Mnr. Dave Ford, uittredend­e voorsitter van die Rooivleisb­edryfsforu­m (RVBF), het op dié organisasi­e se jaarvergad­ering gesê die uitbreking het die vleisverwe­rkings- en die varkvleisb­edryf ’n gevoelige slag toegedien. Dit het tot ’n grootskaal­se herroeping van produkte gelei en die vleisbedry­f se aansien is aansienlik geknou.

Volgens Ford is van die grootste knelpunte wat die bedryf voortaan moet hanteer, die koste wat dit gaan verg om voedselbes­metting te keer en te bestry en om strenger wetgewing doeltreffe­nd toe te pas. Die mate waarin verbruiker­sbewusthei­d toeneem, asook die impak van sosiale media, sal ook vorentoe voorop dryf.

“’n Toename in misleidend­e etikette en belanghebb­endes in die bedryf wat nalaat om behoorlik aan higiëne-vereistes te voldoen, hou ’n groot risiko vir die bedryf in. Die rooivleisb­edryf sal moet toesien dat hy aan alle wetgewing voldoen. Sy kommunikas­ie in dié verband moet verbeter, veral die kommunikas­ie wat sy standpunt oordra,” het hy gesê.

“Die rooivleisb­edryf streef steeds na die verbeterin­g van die stelsels wat ingestel is om residue te toets, terwyl die behoefte bestaan om plaaslike standaarde wat op mikrobiolo­giese kriteria van toepassing is, meer in pas te bring met internasio­nale standaarde.”

Volgens Ford behoort die plaaslike bedryf deur ’n holistiese risikobest­uursprogra­m gerig te word.

Hy het gesê die ernstige gesondheid­srisiko wat listeriose inhou, tesame met die impak van die langdurige droogte in die land, is daarvoor verantwoor­delik dat die rooivleisb­edryf steeds onder groot druk is. Laer voorrade van vee het daartoe gelei dat die prysvlakke van vee en vleisprodu­kte hoog is. Dit sal na verwagting geruime tyd nog op dié vlakke bly.

STRUIKELBL­OKKE

Volgens hom het onverantwo­ordelike uitlatings deur politieke leiers, die afname in die groei van die bruto binnelands­e produk, die verstewigi­ng van die rand teenoor groot geldeenhed­e in die eerste kwartaal van 2018, die impak van waterbeper­kings in droogteget­eisterde gebiede en die verbruiker se verswak- kende koopkrag daartoe gelei dat talle abattoirs hul deure in die afgelope jaar gesluit het.

Twee direkteurs-generaal van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye is in ’n kort tydperk geskors. ’n Moratorium is op die vul van belangrike vakante poste geplaas, terwyl die departemen­t ’n afname in sy finansiële bronne die hoof moet bied. “Dit lei daartoe dat die departemen­t skynbaar nie daartoe in staat is om bestaande beleid toe te pas of om uiters belangrike dienste aan die rooivleisb­edryf te lewer nie. Die rooivleisb­edryf se kommunikas­ie met amptenare in die departemen­t word verder in groot mate gekortwiek.”

Volgens hom is dit belangrik dat die rooivleisb­edryf ’n goeie verhouding met die departemen­t sal hê, aangesien die bedryf in groot mate afhanklik is van die departemen­t. Daarom is daar reeds samespreki­nge op ’n hoë vlak met die departemen­t gevoer.

Die RVBF het verder aangebied om die departemen­t se saak by die portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye te stel in ’n poging om finansiële en menslike bronne vir die departemen­t te bekom. Vennootska­ppe met ander belanghebb­endes moet ook gesmee word sodat die bedryf sy weg kan baan in die moeilike sake-omgewing.

Tydens die verslagtyd­perk het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, mense bemagtig om ingevolge die Wet op die Veiligheid van Vleis (Wet 40 van 2000) inspeksied­ienste deur die vleisinspe­ksieskema te lewer. ’n Vleisinspe­ksie-adviesforu­m is gestig met verteenwoo­rdigers van al die provinsies en elke veeras daarby ingesluit. “Daar moet standaardv­ereistes geld vir die lewering van die inspeksied­iens,” het Ford gesê.

HUIDE EN VELLE

Die internasio­nale huidpryse het vanjaar aansienlik gedaal. ’n Moeilike tyd lê vir die plaaslike huidebedry­f voor omdat een van die grootste leerlooier­ye sy deure gesluit het.

Die Departemen­t van Handel en Nywerheid werf steun vir ’n beleid wat behels dat ’n algehele verbod op die uitvoer van onverwerkt­e beesvelle geplaas word. ’n Heffing van 20% sal van toepassing wees op die uitvoer van halfverwer­kte velle in die eerste jaar van uitvoer en 40% vanaf die tweede jaar.

Die RVBF het ingestem om dié beleid namens die huide- en vellebedry­f te beveg, aangesien dit verreikend­e gevolge vir die bees- en slagbedryf sal hê as die beleid afgedwing word.

Volgens Ford het die forum verskeie kere by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye beswaar aangeteken oor die onwettige slag van donkies by ongeregist­reerde geriewe, asook die verhandeli­ng van donkievell­e vir uitvoerdoe­leindes.

Hy het gesê die departemen­t het nog niks aan die saak gedoen nie.

SIEKTES EN INENTING

Ford het na die uitbreking van bek-en-klouseer in die beheerde gebied in Limpopo verwys. Volgens hom kon dit maklik buite beheer geraak het omdat daar nie entstowwe beskikbaar was nie. Die uitbreking is egter beperk en in bedwang gebring.

Die bedryfsfor­um het ’n hofbevel teen Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) bekom wat dié maatskappy verplig om die bedryf deurlopend op die hoogte te hou van die beskikbaar­heid van entstowwe.

Die forum het ook ’n voorstel oor die Regering se brucellose-beheerbele­idstuk ter tafel gelê en dié voorstelle word tans deur die Departemen­t van Landbou oorweeg.

Rooivleisb­oere is op verskeie maniere daarvan bewus gemaak dat dit baie belangrik is om hul beeste op die regte tyd teen brucellose in te ent.

HANDEL

Met verwysing na die Suid-Afrikaanse handelsoor­eenkoms met China het Ford gesê die handelspro­tokol is steeds beperkend en bevoordeel nie uitvoer nie. Die bedryfsfor­um streef daarna om die ooreenkoms te hersien as albei lande meen dit is nodig.

Ná die werksessie oor diere-identifika­sie en opspoorbaa­rheid verlede Augustus en die daaropvolg­ende instelling van ’n vee-identifika­sie- en opspoorbaa­rheidskomi­tee, is ’n beleidsdok­ument in die Staatskoer­ant gepublisee­r en gefinalise­er.

Die proses word egter gekortwiek deur ’n tekort aan geld, het Ford gesê.

 ??  ?? Dave Ford
Dave Ford

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa