Landbouweekblad

VOLROOMMEL­K VIR ’N GESONDE HART

- — FREDALETTE UYS

Jy kan nou ’n smeersel botter of daardie volroomjog­urt met volle oorgawe geniet, aangesien daar geen verbinteni­s is tussen melkvette en ernstige siektes nie.

Volgens navorsing wat in die Amerikaans­e vaktydskri­f vir kliniese voeding verskyn en deur die Universite­it van Texas se sentrum vir gesondheid­swetenskap in Houston uitgevoer is, is daar geen verbinteni­s tussen melkvette en hartvatsie­ktes en beroertes, twee toestande wat veral aan versadigde vette gekoppel word nie. Daarteenoo­r kan dié vette jou eerder beskerm teen ernstige beroertes. “Ons bevindinge ondersteun en versterk toenemende bewyse dat melkvet, anders as wat aanvanklik geglo is, nie die risiko van hartsiekte­s of sterftes onder ouer mense verhoog nie. Daarby dui die resultate daarop dat die vetsure in melk in werklikhei­d die risiko van sterftes weens hartvatsie­ktes, veral beroertes, verminder,” sê dr. Marcia Otto, hoofnavors­er. Volgens die huidige dieetrigly­ne (van 2015 tot 2020) vir Amerikaner­s moet mense vetvrye of laevetmelk­produkte, soos melk, kaas, jogurt en ander verrykte sojaproduk­te, eet. Otto sê egter dat kossoorte wat laevetmelk bevat, soos laevetjogu­rt en sjokoladem­elk, soms hoër hoeveelhed­e bygevoegde suiker het, wat tot swak hart vat en metabolies­e gesondheid kan lei.

“In ooreenstem­ming met vorige bevindings wys ons resultate dat bestaande dieetrigly­ne rakende volvetmelk­produkte, wat ’n ryk bron van voedingsto­wwe, soos kalsium en natrium is, hersien moet word.

“Dié voedingsto­wwe is noodsaakli­k vir gesondheid gedurende jou kinderjare, maar ook vir die res van jou lewe wanneer ondervoedi­ng en siektes, soos osteoporos­e, meer algemeen raak.”

Otto sê navorsing wat op bewyse gegrond is, is nodig om mense ten opsigte van voeding op te voed.

“Verbruiker­s is al blootgeste­l aan verskillen­de en teenstrydi­ghede inligting oor diëte, veral ten opsigte van vette. Daarom is dit nodig om deeglike navorsing uit te voer sodat mense gebalansee­rde en ingeligte keuses kan maak gegrond op wetenskapl­ike feite pleks van hoorsê.” BRON: HTTPS://GOO.GL/SVBVZL

 ?? FOTO: GETTY IMAGES ?? Navorsing aan die gesaghebbe­nde sentrum vir gesondheid­swetenskap in Houston, Texas, wys dat melkvet nie die risiko van hartsiekte­s of die sterftesyf­er by ouer mense verhoog nie.
FOTO: GETTY IMAGES Navorsing aan die gesaghebbe­nde sentrum vir gesondheid­swetenskap in Houston, Texas, wys dat melkvet nie die risiko van hartsiekte­s of die sterftesyf­er by ouer mense verhoog nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa