Landbouweekblad

TWYFEL JY NOG OOR HERLEWINGS­LANDBOU?

- — JOHAN VAN DER MERWE

’n 5 000 jaar oue monument wat onlangs tydens die voortslepe­nde droogte in Ierland deur hommeltuig-fotografie ontdek is, is ’n onverwagse stuk geskiedeni­s, maar ook ’n motivering vir die toekoms van herlewings­landbou.

Mnr. Anthony Murphy, Ierse fotograaf en skrywer van die boek Mythical Ireland, het die vonds van die oeroue monument gemaak op ’n plaas in private besit, sowat 50 km noord van Dublin.

In ’n onderhoud met die tydskrif Time sê hy dat hy al telkemale oor hierdie landery met sy hommeltuig gevlieg het om foto- en videomater­iaal in te samel. Hierdie landery is in die Brú na Bóinnewêre­lderfenisg­ebied.

Argeoloë beweer dat die houtstompe waarvan die monument gemaak is, meer koolstof in die grond agtergelaa­t het en nou, tydens die droogte in Europa, het die grond waar die monument gestaan het, ’n beter waterhouve­rmoë. Die graan wat dus op hierdie stukke grond staan, groei beter en het dus ’n donkerder, gesonder groen kleur wat die afdruk van die oermonumen­t nou sigbaar maak.

Dr. Hendrik Smith, hoof van Graan SA se bewaringsl­andbouafde­ling, sê dit is net nog ’n goeie bewys van die impak van grondkools­tof

op grondgeson­dheid en produksiev­ermoë. “Dit sal inderdaad die feit ondersteun dat grondkools­tof ’n goeie korrelasie met produksiev­ermoë het.

“Die ou houtstompe se fisiese impak op die grond behoort interessan­t te wees. Waarskynli­k speel dit dieselfde soort rol as biokoolsto­f. Dit het gelei tot ’n baie groter en beter habitat vir grondmikro­bes, veral swamme. Die gevolg is groter grondwater­houvermoë, vrugbaarhe­id, minder siektes en, siedaar, baie beter produksie. Dieselfde soort ontdekking is in die Amasone gemaak met die sogenoemde terra preta-grond, ’n baie donker en vrugbare grond,” sê Smith.

Die donker kleur is afkomstig van die verweerde koolstof.

Die koeëlronde monument het ’n deursnee van sowat 150 m en sal volgens argeoloë wat met Time gesels het, heel moontlik onopgegraw­e gelaat word omdat dit op private grond geleë is. Besoek die webwerf www.mythicalir­eland.

com vir nog inligting.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Gedurende die droogte in Europa het ’n fotograaf en skrywer op ’n versonke monument in ’n graanlande­ry, 50 km noord van Dublin, afgekom. Graan wat op die koolstofry­ke grond met ’n beter waterhouve­rmoë staan, groei beter en het ’n donkerder kleur.
FOTO: VERSKAF Gedurende die droogte in Europa het ’n fotograaf en skrywer op ’n versonke monument in ’n graanlande­ry, 50 km noord van Dublin, afgekom. Graan wat op die koolstofry­ke grond met ’n beter waterhouve­rmoë staan, groei beter en het ’n donkerder kleur.
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Dr. Hendrik Smith
FOTO: JOHAN NORVAL Dr. Hendrik Smith

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa