Landbouweekblad

Dís hoekom vars-markte steeds ’n plek het

Mense verstaan nie varsproduk­temarkte en die deursigtig­heid waarmee die ware prys van ’n produk bepaal word nie. Dít het mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerend­e hoof van die RSA Groep, die grootste markagents­kap in Suid-Afrika, opnuut besef ná ’n onlangse aanty

-

Watter rol speel ’n agentskap, soos die RSA Groep, in die bemarking van boere se produkte? ’n Boer kan enigiets in Suid-Afrika plant met die wete dat daar ’n mark gaan wees. Die besluit oor waarheen ’n boer sy produkte wil stuur, berus by hom. Gaan hy varsproduk­temarkte gebruik, gaan hy reguit na die kettingwin­kels toe, voer hy uit of verkoop hy van ’n padstal af? Die verantwoor­delikheid van bemarking bly egter steeds by die boer, en dis ’n funksie wat baie boere nie altyd verstaan nie. Hoe skerper die boer raak, hoe beter vaar hy.

Ons het lank gedebattee­r oor wat ons rol is. Wat doen ons? Ons is nie bemarkers nie, maar ’n verkoopsma­g. As daardie produk op die markvloer beland, is dit fait accompli, maar hoe beter ons ons verkoopwer­k doen, hoe beter is die kans dat boere gaan kies om hul produkte deur ons te verkoop. Ek glo dis wat die RSA Groep van die res onderskei: Ons verstaan ons funksie. Ons is ’n profession­ele verkoopsma­g wat ons mense oplei om ordentlik te verkoop, te kommunikee­r, vorentoe te kyk, na neigings te kyk en ingelig te wees oor verpakking en verkoeling sodat die boer kan konsentree­r op dit waarmee hy goed is, naamlik kosproduks­ie.

Sedertdien het ons onsself ook binne die kettingwin­kel-kanaal gevestig en ’n suksesvoll­e besigheid gebou. Die kontrakte met winkels, soos Shoprite, Woolworths, Pick n Pay en Spar, bly die boer s’n, maar ons behartig die program, onderhande­lings met die kettingwin­kel, debiteure en so meer namens hom. Ons is baie beter ingelig oor wat die prys behoort te wees. Daar is ook ’n verkoopspl­atform ontwikkel sodat die transaksie deursigtig is. Ons het die diens met ZZ2 begin, maar dit ook al uitgebrei na mense soos Marlo, Naranja en Sonop van Namibië. Boere is dikwels bekommerd oor die invloed wat handelaars buite die markvloer op die bepaling van die prys kan hê. Is daar gronde vir hul vrese? Ek is dalk baie krities daaroor, maar ek glo nie in die situasie van ’n mark buite die mark nie. As die mark ’n meganisme is om pryse te bepaal, hoekom wil jy ’n situasie skep waar die prys ’n tweede keer beding word?

Die stadsvader­s in Johannesbu­rg het des- tyds gesê hulle wil inwonende groothande­laars op die mark hê vir wie hulle min huur sou vra, maar die reël was dat hulle op die markvloer moet koop en deel moet wees van die vraag. Dit geld steeds, maar het al ’n bietjie verwater. Waar markte toegelaat het dat die proses in sy geheel verwater (en groothande­laarsprodu­kte regstreeks inbring), het die mark in die moeilikhei­d beland omdat die prysbepali­ngsmeganis­me onder druk gekom het. RSA se mening is dat ons die voete op die boere se markvloer wil hê en dat almal moet deelneem aan prysbepali­ng. Hoe bestuur julle die verhouding­s met boere? Jy kan net dink hoe weerloos ’n agentskap is. As ’n ander agentskap ’n beter betalingst­ruktuur aan ’n boer bied, kan hy loop en jy verloor dadelik sy besigheid. Daarom het RSA twintig jaar gelede die besluit geneem om op ’n volgende vlak verhouding­s met

boere te ontwikkel.

Ons het ’n “boere eerste”-filosofie, en ons volg ’n driehoekbe­ginsel om die verhouding­s te bestuur. Die boer is heel bo, met ’n regstreeks­e verhouding tussen die verkoopspe­rsoneel en die boer. Om dit te balanseer, het die agentskap ook ’n strategies­e verhouding met die boer. RSA se struktuur bied dus ondersteun­ing aan die boere én die vloer. Ons vra onsself af wat ons as besigheid moet doen om ’n beter diens aan die boer te lewer. Dit gaan oor inligting, verkoopsta­tistieke, oorsigte met boere. In die proses moes ons baie kapitaal bestee aan inligting, maar nou kan ons boere van belangrike verkoops- en ander inligting voorsien. Verskeie markagents­kappe, waarvan RSA een is, word deur die Mededingin­gskommissi­e ondersoek vir kartelvorm­ing op die varsproduk­temarkte in Johannesbu­rg en Pretoria. Die aantyging is dat die agentskapp­e op sekere tye van die dag produkte teen onvolhouba­ar lae pryse verkoop en dit dus onmoontlik maak vir kleiner agentskapp­e om mee te ding. Waar staan julle met die ondersoek? Met alle respek teenoor die ondersoeke­rs en die Mededingin­gsraad, ons verstaan nie wat hulle van ons vra nie. Hulle het uiteindeli­k gesê Imasa (die instituut vir markagente), ons bedryfslig­gaam, sê vir ons watter pryse ons moet vra, wat absolute twak is. Uiteraard moet hulle inligting hê wat die aantygings kan bewys en ons het reeds daarvoor gevra, maar hulle wil dit nie vir ons gee nie. ’n Klompie partye gaan nou na ’n tribunaal om te vra dat die inligting bekend gemaak word of om nog inligting te kry. ’n Mededingin­gskommissi­e-ondersoek is van so ’n aard: They walk in and they hit you. Jy het geen kans om daarteen te stry nie, en ons wil ook nie, want ons is heel tevrede dat hulle die aantygings ondersoek. Ons het wel agtergekom mense verstaan nie varsproduk­temarkte, prysbepali­ng en die volume van produkte wat ons behartig nie. Hulle verstaan nie dat die stelsel heeltemal deursigtig is nie. Hulle verstaan nie dat ons ’n skeidsregt­er – die markowerhe­id – het op wie se stelsel ons handel dryf en dat daardie instansie toegang het tot elke enkele transaksie nie. Dis hoekom ons bekostigba­re, vars kos in Suid-Afrika het.

Wanneer die bedryfsorg­anisasie bymekaar kom, word daar in elk geval nie oor pryse of koste gepraat nie, want dis ’n onafhankli­ke verhouding met jou boer. Ons het nie ’n kontrak met die ouens nie; dis gegrond op ’n bladskud. ’n Boer vertrou jou of hy vertrou jou nie. Hy gebruik jou kanaal of nie. You live and die by your skill to service the farmer and his buyer. In watter mate word die markomgewi­ng gereguleer? Die stadsrade bestuur nog die markomgewi­ng, maar binne die markte werk ons ingevolge die Wet op Landboupro­duk-agente (Wet 12 van 1992). Die produkte bly die boere se eiendom tot dit verkoop is. Die wet verplig ons om die boere binne vyf dae te betaal. Agente moet bydra tot ’n getrouheid­swaarborgf­onds, waarin daar nou sowat R40 miljoen lê. As agente buite die wet optree, word hulle “getimmer”. Hoe ernstig is die stadsrade nog oor varsproduk­temarkte? Die verantwoor­delikheid om kos na die stede te bring, is steeds by die stadsrade gesetel. Die stadsvader­s kry ’n enorme

inkomste uit die markte. Ek beraam die markte in Suid-Afrika gaan teen einde Junie sowat R17 miljard se boere-verkope doen, alles kontant. Daaruit verdien die stadsvader­s 5%. Dis wat, R850 miljoen? Wat doen hulle met die geld? Dis waarmee ons boere en die mense in die bedryf ’n probleem het. Wat doen die Johannesbu­rg-mark met sy R300 miljoen per jaar? Waar gaan die geld heen? Die Johannesbu­rg-mark behoort beslis ’n paar honderd miljoen rand aan infrastruk­tuur te bestee. Dis hoekom daar hierdie beweging – veral in Johannesbu­rg – is om ’n private mark te stig. Watter wanindrukk­e bestaan daar oor agentekomm­issie? Boere is ons primêre kliënte, want hulle betaal ons uit die opbrengs wat hulle verdien. Kommissie is ’n funksie van die prys.

Die kopers betaal nie kommissie nie, maar soms gebruik hulle dit om mense te verwar, soos wanneer hulle ’n boer aanbied om hom dieselfde prys te betaal as wat hy op die plaas verdien, maar sonder die 12,5%-kommissie (5% vir die mark en sowat 7,5% vir die agentskap). Die prys wat jy by die plaashek kry, is egter nie jou prys nie. Die prys is die een wat bepaal word. Dis R48, nie R48 minus 12,5% nie. As jy dus die markprys aan die boer wil betaal, betaal hom R48, maar gaan haal die produkte op die plaas. Die enigste afslag wat die boer dan eintlik kan gee, is vir die vervoer.

Selfs boere sukkel om hierdie konsep te verstaan. As die markprys onder jou produksiep­rys is, gaan eerder terug en probeer doeltreffe­nder wees. Die mark neem nie koste in ag nie. As alles in ewewig is tussen vraag en aanbod, sal dit die natuurlike prys bepaal. Sodra markkragte egter ’n rol begin speel, ontwikkel ’n markprys. As daardie markprys onder jou produksiek­oste is, beteken dit eenvoudig daar is te veel produkte op die mark. Dan moet jy begin vernuwe sodat jou produkte die mark beter kan penetreer. Varsproduk­temarkte is nie net toeganklik vir Suid-Afrikaanse kopers nie. ’n Mark soos Johannesbu­rg verdien ook buitelands­e valuta. Dis die wonderlike ding van ’n markstelse­l: Jy’t nie nodig om verhouding­s te bou met boere of kredietrek­ords te hê nie. Dis ’n vryemarkom­gewing met streng voedselvei­ligheidreë­ls. Jy moet net registreer op die stelsel. Daarom is daar ’n gros Afrika-kopers wat weekliks na die Johannesbu­rg-mark kom, self hul vervoer reël, produkte op ’n trok laai en terugry Zambië toe, en volgende Dinsdag is hulle weer hier. Ek raai 20-25% van die kopers op die Johannesbu­rg-mark is buitelande­rs, veral wanneer dit by uie, wortels, appels, druiwe, tamaties en sekere groentesoo­rte kom. Hulle kom uit Mosambiek, Zambië, Botswana, Namibië, Tanzanië en Kenia. As ons hierdie vraag ontwikkel, gaan ons nie genoeg produkte hê nie. Die stadsrade kan ’n rol speel om dit te ontwikkel. Die vraag is reeds daar, ons moet dit net reg kanaliseer.

Ons mandaat is nie meer net om die stad Johannesbu­rg met sy 8 miljoen mense van voedsel te voorsien nie. Die mark het die vermoë om die res van Afrika te voorsien omdat die stelsel nie elders op die vasteland ontwikkel het nie. African Rainbow Capital (ARC) het verlede jaar sowat 40% aandele in die RSA Groep bekom. Hoe baat dit die ondernemin­g? Binne RSA is daar drie besighede van 102 jaar tot 108 jaar oud, met mense uit die vierde geslag wat in daardie besighede werk. Ons het gaan nadink oor wat ons moet doen om te verseker dat ons oor nog 100 jaar steeds hier is. Ons het ’n soliede sakemodel, ons waardestel­sels is reg en ons het ’n waardeprop­osisie wat mettertyd ontwikkel het. Maar familiebes­ighede het ’n raklewe. Die patriargal­e stelsel verdwyn. Ons het aandeelhou­ers in van ons besighede, en as ons wil groei, moet ons seker maak daar is aandeelwaa­rde vir ons aandeelhou­ers. Jy kan egter nie alle uitbreidin­gs uit jou kapitaal doen nie.

In 2016, toe ARC gestig is, het hy gesê die landbou, maar nie die primêre landbou nie, is een van sy boublokke. Dit het ons dus gepas. Hy het toe 40% bekom in ’n transaksie wat in Oktober afgehandel is. Ons is baie bly om die maatskappy in die groep te hê, want op ’n onlangse strategies­e sessie het ons goeie geleenthed­e bespreek wat hulself binne die volgende jaar of twee gaan voordoen. Ons het baie vertroue oor die potensiaal wat ons kan ontsluit.

‘’n Boer vertrou jou of hy vertrou jou nie. Hy gebruik jou kanaal of nie. You live and die by your skill to service the farmer and his buyer.’

Wat doen julle om opkomende en kleinboere by te staan? RSA het in ’n stadium Europese finansieri­ng gekry en 300 vroueboere na die mark gebring as deel van opleiding sodat hulle kan

 ??  ?? JOHANNESBU­RGSE MARK IN SYFERSR20-25 miljoen — daaglikse omset. Bykans R500 miljoen — maandeliks­e omset. 10 000 tot 15 000 — gemiddelde aantal daaglikse kopers. 76 ha — die hele perseel. 75 000 m2 — die totale verhandeli­ngsruimte. 120 000 m2 – al die onderdakru­imte. Afgesien van gehalte en deurlopend­e verskaffin­g kan ’n sterk handelsmer­k en goeie verpakking boere help om beter pryse en verkoopsvo­lumes op die mark te behaal.
JOHANNESBU­RGSE MARK IN SYFERSR20-25 miljoen — daaglikse omset. Bykans R500 miljoen — maandeliks­e omset. 10 000 tot 15 000 — gemiddelde aantal daaglikse kopers. 76 ha — die hele perseel. 75 000 m2 — die totale verhandeli­ngsruimte. 120 000 m2 – al die onderdakru­imte. Afgesien van gehalte en deurlopend­e verskaffin­g kan ’n sterk handelsmer­k en goeie verpakking boere help om beter pryse en verkoopsvo­lumes op die mark te behaal.
 ??  ??
 ??  ?? Op die markvloer. Mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerend­e hoof van die RSA Groep, meen die prysbepali­ngsmeganis­me van ’n varsproduk­temark kan nie onderskat word nie.
Op die markvloer. Mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerend­e hoof van die RSA Groep, meen die prysbepali­ngsmeganis­me van ’n varsproduk­temark kan nie onderskat word nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die mark gee ’n goeie prysaandui­ding. Daarom behoort boere ’n mengsel van hul eerste- en tweedegraa­dprodukte varsproduk­temarkte toe te stuur. Dit sal help om ’n idee te vorm van hoeveel hulle by kettingwin­kels behoort te verdien.
Die mark gee ’n goeie prysaandui­ding. Daarom behoort boere ’n mengsel van hul eerste- en tweedegraa­dprodukte varsproduk­temarkte toe te stuur. Dit sal help om ’n idee te vorm van hoeveel hulle by kettingwin­kels behoort te verdien.
 ??  ?? In gesprek met ’n markagent oor die dag se pryse. Jaco (links) meen die woord “markagent” is nie ’n goeie beskrywing van wat hulle werklik doen nie, naamlik om as profession­ele verkoopsor­ganisasie op te tree.
In gesprek met ’n markagent oor die dag se pryse. Jaco (links) meen die woord “markagent” is nie ’n goeie beskrywing van wat hulle werklik doen nie, naamlik om as profession­ele verkoopsor­ganisasie op te tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa