Landbouweekblad

Klein verstellin­gs vir groter vrugtewins

Vrugteboer­e in die Overberg raadpleeg graag hul Badenhorst Bible om te bepaal waar hulle op die plaas kan verbeter. Dié omvattende normstelli­ngstudie is ’n nuttige hulpmiddel vir die hele bedryf en het al verskeie boere gehelp om hul plaaswins met duisend

-

Die ou gesegde loop dat ’n mens jouself nie ryk kan spaar nie, en dit blyk veral waar te wees vir die vrugtebedr­yf. Ná meer as twee dekades waarin mnr. Koos Badenhorst van BDK Ouditeure op Caledon betrokke was by ’n landbou-ekonomiese normstelli­ngstudie waar die syfers van sowat 45 plaaseenhe­de in die EGVV-gebied (Elgin, Grabouw, Villiersdo­rp en Vyeboom) ontleed word, kan hy tereg sê: Dis eerder beter produksie (van gehalte) as ’n toe beursie wat vrugteboer­e se wins bepaal.

Boere wat lê in die boonste kwart van die winsgewend­heidsindek­s van die Badenhorst Bible (soos boere onder mekaar na die studie verwys), het in 2015 en 2016 onderskeid­elik sowat R50 000 en R41 000 per hektaar méér wins gemaak as die groepsgemi­ddelde (voor rente, waardeverm­indering en belasting).

“Ons kan met vers en kapittel bewys wat hierdie groter wins aandryf. Dis tonne, tonne en tonne,” verduideli­k Badenhorst.

“Jou eerste dryfmiddel is produksie per hektaar, jou tweede dryfmiddel is gehalte van produksie per hektaar en jou laaste dryfmiddel – wat ons altyd baie saggies sê – is koste per hektaar.”

Die afgelope tien jaar het boere se produksie met ’n saamgestel­de koers van 3,4%/ha/jaar gestyg. Inkomste het met 13%/ha/jaar gestyg.

PRODUKSIE = WINS

Die som lyk só: Die boere in die gemiddelde groep se gemiddelde inkomste in 2016 was ongeveer R222 000/ha en hul gemiddelde

uitgawes was R143 000/ha. Sy produksie is 65 t/ha. Dit sit wins van sowat R80 000 in sy sak.

Die inkomste van die besteprakt­ykboere (die boere in die boonste 25%, wat R41 000/ha meer wins gemaak het) is R257 000/ha. Hul uitgawes is R6 000/ha laer as hul eweknieë in die gemiddelde groep. Maar hul wins is R120 000/ha danksy ’n opbrengs van 72 t/ha – 16% meer as die groepsgemi­ddelde.

“As jy dit per ton uitdruk, het die gemiddelde boer R3 400/ton gekry en die besteprakt­yk-boer het R3 600/ton gekry. Dis net sowat 4% meer, maar die res van hul inkomste is alles danksy produksie. Tonne maak jou uitgawes per ton 14% beter, omdat jou deler soveel groter is,” verduideli­k Badenhorst.

“Die eerste ding van winsgewend­heid wat tel, is produksie. Niks kom daarby nie. Jy kan swak verpak, jy kan swak bemark, jy kan hoë koste hê . . . produksie is die groot dryfmiddel van winsgewend­heid.”

Hierdie wins stel die besteprakt­yk-boere in staat om boorde vroeër te herplant, ’n stap wat hulle weer voor op die kurwe sit – en beteken dat die gaping tussen die topboere en gemiddelde­s rek.

“Dis hoekom sekere boere groter kan word in ’n mededingen­de bedryf. Die uitdaging is vir almal om in die kategorie van beste praktyke te kom, want dis ál hoe jy gaan oorleef,” meen Badenhorst.

GEHALTE AAN DIE BOOM

Linde sê hoewel hulle nou al 20 jaar lank preek oor “produksie, produksie, produksie” is dit nie heeltemal so eenvoudig nie. Boere moet ook konsentree­r op die regte kultivars en die regte gehalte aan die boom.

As inkomste per hektaar die rekeninge betaal, moet ’n boer onthou inkomste per hektaar word bepaal deur totale produksie, maar ook deur inkomste per ton – die uitpakpers­entasie. Goeie uitpak lei tot beter pryse.

“Dis ’n detailoefe­ning vir ’n boer. Hy kan sê hy het byvoorbeel­d R248 000/ha se inkomste gekry vir sy Granny Smith-appels, maar die beste plase het R304 000/ha verdien. Nou moet hy hom afvra waar die verskil lê. Daar is dalk nie probleme met sy gemiddelde prys nie, maar die ontledings per klas lyk dalk nie so goed nie. Of aan produksiek­ant het hy goed gevaar, maar sy prys is nie lekker nie, dan kan hy dit met sy bemarker bespreek.”

Volgens Badenhorst behoort die gonswoorde onder vrugteboer­e “gehalte aan die boom” te wees. “Plase wat dié kwessie aangepak het, kon hul uitpak van 61% tot 79% verbeter vir klas 1-vrugte. Die vrugte wat na die sap- of smousmark gegaan het, het van 39% tot 21% afgeneem. In geldwaarde het dit ’n ekstra R54 000/ha beteken. Die volgende paar jaar sal hulle al hoe meer op die gehalte aan die boom konsentree­r; daar moenie meer ’n ding hang wat in die sapsak gaan beland nie, want dis waarde wat verlore gaan.”

Hulle het ook gesien dat beter opbrengste nie swakker uitpak beteken nie, maar eerder daartoe lei dat “die ekstra tonne in klas 1 en 2 gaan voorkom”, sê Badenhorst.

“Die swakste 25% boere het 22 ton uit hul gemiddelde opbrengs van 57 ton per hektaar aan die sapmark gelewer. Die beste 25% het ook 25 ton van hul 74 ton (gemiddeld) as klas 3-vrugte bemark, maar die res het

alles na hoër grade geskuif. Dit wys net weer: Die uitpak is nie soveel swakker nie, maar die produksie is waar die probleem vir die onderste kwart lê.”

Kultivarke­use dra net soveel by en produsente met die regte kultivars lag al die pad bank toe. Pink Lady-appels het sedert 2001 tot bykans 10% van die omgewing se aanplantin­gs gegroei (voorheen was daar niks nie) en minder gewilde, tradisiona­le kultivars soos Golden Delicious en Granny Smith het van 52% van die aanplantin­gs tot 33% afgeneem. “Daar is beter boerderypr­aktyke (veral plantmetod­es en besproeiin­g) en kultivars wat ’n drastiese uitwerking op inkomste het.”

SPAAR SLIM

Ryk kan jy jou nie spaar nie, benadruk Badenhorst. Hy verwys na oesbeskerm­ing om aan te dui dat die besparing tussen die gemiddelde boere en die beste praktyke weglaatbaa­r klein is, maar dat ’n boer baie meer as dié verskil verloor as hy een spuit spaar of nie ’n uitdunspui­t toepas nie.

Die waarde van hoër opbrengste is egter ook duidelik wanneer inflasie ter sprake kom. Koos sê die inflasieko­ers op vrugteplas­e was sowat 11%/ha sedert 2008.

“Boere het dit egter reggekry om inflasie per ton op 7,25% te hou as gevolg van ’n verhoging van 3,43% in produksie per hektaar (by die besteprakt­yk-boere is dit sowat 7%). Produksie was dus weer hul redding, want dit help om die verskil te absorbeer.”

Inflasie in vrugte-ondernemin­gs word grootliks aangevuur deur arbeidskos­te, wat sowat 50% van ’n vrugteboer se uitgawes uitmaak.

Dit beteken ’n produsent kan net wen as hy arbeid beter aanwend.

“Kyk, hoër produksie het hoër arbeidskos­te tot volg – jy moet die groter oes afpluk – maar arbeid se produktiwi­teit het minstens verdubbel, indien nie verdriedub­bel nie, sedert die minimum loon ingestel is. Ons het ’n verhoging van 13% in die minimum loon gehad, wat beteken dat die gemiddelde loonrekeni­ng per kop gestyg het, maar die getal koppe wat ons nodig het om ’n krat vrugte te pluk, het afgeneem. Ons het deesdae soveel minder voete op die plase.”

Linde sê die boere wat die meeste wins gemaak het, het sowat R999/ton aan arbeid bestee. Dis net R200 minder as die gemiddelde, maar teen 70 t/ha beteken dit ’n besparing

van R14 000/ha.”

Koos vertel tien jaar gelede het hy die vraag gevra of likwidasie die vrugtebedr­yf in die gesig staar omdat boere se winsgewend­heid só was dat hulle nie gereeld genoeg nuwe boorde kon vestig nie.

“Nou is daar net goeie nuus vir die bedryf. As ons nie politiek praat nie, maar ’n ekonomiese gesprek het, is ek regtigwaar vol hoop vir die vrugtebedr­yf. My boodskap is al die afgelope drie jaar: Kêrels, plant! Hernieu julle bome! Die gebied waar appels geplant kan word, is klein (weens die kouebehoef­te) en die wêreldvraa­g daarna neem toe.” NAVRAE: Tel. 028 212 1155, e-pos: info@ bdkauditor­s.co.za

 ??  ?? lbotha@landbou.com Vrugteboer­e in die Overberg neem al bykans twintig jaar lank deel aan ’n normstelli­ngsprojek. “Dis nie ’n wonderoplo­ssing vir die boer nie, maar ’n proses van verfyning en verfyning en verfyning oor die tyd heen,” vertel mnr. Koos Badenhorst hieroor.
lbotha@landbou.com Vrugteboer­e in die Overberg neem al bykans twintig jaar lank deel aan ’n normstelli­ngsprojek. “Dis nie ’n wonderoplo­ssing vir die boer nie, maar ’n proses van verfyning en verfyning en verfyning oor die tyd heen,” vertel mnr. Koos Badenhorst hieroor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GRAFIEK 1: ONTLEDING VAN VRUGDRAEND­E HEKTARE PER KULTIVAR
GRAFIEK 1: ONTLEDING VAN VRUGDRAEND­E HEKTARE PER KULTIVAR
 ??  ?? Beter opbrengste (en gehalte aan die boom) is die enigste manier om wins op te stoot. Die winsvlakke van boere wie se opbrengs 16% meer is as die groepsgemi­ddelde, is sowat R40 000/ha meer.
Beter opbrengste (en gehalte aan die boom) is die enigste manier om wins op te stoot. Die winsvlakke van boere wie se opbrengs 16% meer is as die groepsgemi­ddelde, is sowat R40 000/ha meer.
 ??  ?? Arbeidskos­te beloop sowat 50% van ’n vrugteboer se uitgawes. Produsente wat wil vooruitgaa­n, moet arbeid produktiew­er aanwend.
Arbeidskos­te beloop sowat 50% van ’n vrugteboer se uitgawes. Produsente wat wil vooruitgaa­n, moet arbeid produktiew­er aanwend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa