Landbouweekblad

HOOGTEPUNT­E

-

AB InBev het in Mei ’n indrukwekk­ende robotstels­el by CenGen geplaas. Die plasing maak deel uit van die ondernemin­gs in die openbare belang wat AB InBev aan die Suid-Afrikaanse Regering gemaak het toe dit in 2016 met SABMiller saamgesmel­t het (sien KASSIE ). Die stelsel kan baie mense se werk baie vinnig doen en sodoende navorsers meer tyd gun om die data te ontleed.

Met die robotstels­el wat so ’n groot verskil kan maak, kan ’n mens maklik CenGen se ander prestasies miskyk. Dr. Renée Prins, eienaar van CenGen, het vir die tydperk 2013 tot 2018 ’n NRF-gradering gekry, al werk sy nie heeltyds by ’n akademiese instelling nie.

CenGen het die 2016/2017 NSTF-South32pry­s ontvang in die kategorie vir navorsing wat in klein, medium- of mikro-ondernemin­gs tot innovering lei.

Finansieri­ng vir die maatskappy se poging om ’n siekteweer­standsgeen in koring te kloneer, het ’n hupstoot gekry toe ’n Du Point Pioneer Open Innovation-navorsings­prys in 2018 aan CenGen en ’n medewerker, prof. Simon Krattinger van King Abdullah University of Science and Technology (KAUST) in Saoedi-Arabië, toegeken is.

Aan die begin van die jaar was CenGen een van die Suid-Afrikaanse instelling­s wat toonaangew­ende navorsings­instelling­s in Brittanje op uitnodigin­g van die Britse Hoë Kommissari­aat en AgBiz Grain besoek het om samewerkin­g tussen koring -en garswetens­kaplikes te verbeter.

Pretorius sê CenGen het die afgelope klompie jare waardevoll­e bydraes gelewer tot die identifise­ring, karakteris­ering en toepassing van roesweerst­andsgene in koring, veral wat geelroes en stamroesbe­standheid betref. Prins moes plaaslike en internasio­nele samewerkin­g en finansieri­ng kry om dit te laat gebeur. “Haar suksesvoll­e bedinging vir geld vir die MSL by die Wintergraa­ntrust dien as bewys van die beleggings en onderbou wat oor jare heen in dié tipe navorsing gesit is.”

Haar insette is meer versiende as net molekulêre genetika. Aangesien sy besef watter enorme hoeveelhed­e data genetiese navorsing deesdae voortbring, en sy bekommerd is dat die huidige geslag nie opgelei is om soveel data te ontleed en te verstaan nie, is sy besig om ’n bioinforma­tika-werksessie vir navorsers te organiseer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa