Landbouweekblad

GEKLOONDE KORINGGEEN VIR DIE TOEKOMS

-

Dis nie net ’n kwessie van roetine-ontledings in CenGen se laboratori­um nie. Die span is druk besig met die eerste poging om ’n siekteweer­standsgeen in koring in Suid-Afrika te kloneer, sê dr. Renée Prins. “Die voordeel daarvan is dat as jy ’n geen se presiese volgorde het, jy nie met merkers langs die geen hoef te werk nie, en kan jy akkurater werk. As ’n merker langs ’n geen is, kan jy maklik uitkruisin­g tussen die geen en die merker kry wat veroorsaak dat die merker nie akkuraat kan voorspel of die geen teenwoordi­g is nie. Maar van ’n gekloneerd­e geen kan jy perfekte merkers vir die geen ontwikkel, want jy het toegang tot sy hele DNS-volgorde.

“Dis ons vlagskipna­vorsingspr­ojek en ’n manier om nuwe kennis te vestig. Dit sal ’n groot prestasie wees as ons dié nuttige geen in die moeilike koringgeno­om, met al sy herhalende volgordes, kan kloneer.”

Die belang van die projek word beklemtoon deur die buitelands­e medewerker­s se gewillighe­id om te help, asook deur Pioneer

Du Pont se Open Innovation-projek se bereidwill­igheid om sekere aspekte te finansier.

Wat hulle werk in die geheel beperk, is dat merkers vir belangrike eienskappe, soos opbrengsge­ne of droogtegen­e, nog baie beperk is. Gelukkig werk heelparty internasio­nale groepe daaraan en Prins glo dit gaan kom. “Ons het jare gelede nie geweet waar siekteweer­standsgene vandaan gaan kom nie, en nou weet ons waar Kariega se drie gene vir weerstand teen geelroes is en is hul merkers bekend.”

Hoewel CenGen as ’n klein, onafhankli­ke laboratori­um hard moet werk om raakgesien te word en wye erkenning te geniet, kan dit in sekere gevalle tot sy voordeel werk. Soms doen geleenthed­e vir spesifieke ontledings hulle voor, soos nou met die kloningswe­rk, maar dan moet besluite vinnig geneem word en geld oorbetaal word sonder om tyd te verloor aan burokratie­se rompslomp en lang besluitnem­ingskettin­gs. Dis waar CenGen se buigsaamhe­id help om vinniger te vorder. Een van CenGen se grootste bates is egter sy klein, maar hoogs doeltreffe­nde span navorsers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa