Landbouweekblad

REUSE-INSPUITING

-

Dr. Renée Prins sê CenGen werk nou saam met verskillen­de buitelands­e medewerker­s. Navorsings­resultate word aangeteken om gepublisee­r te word in internasio­nale wetenskaps­joernale wat aan portuureva­luering onderwerp word.

Sy sê hulle doen ook hul bes om aan internasio­nale finansieri­ngsgeleent­hede deel te neem. “Die grootste probleem is dat nuwe tegnologie waarvoor dikwels gespesiali­seerde apparaat benodig word, duur is en ook gou verouder en irrelevant raak. Dit is dus baie moeilik vir Suid-Afrikaners om by te hou omdat die meeste finansieri­ngsliggame in die landbou nie kapitaalbe­leggings finansier nie.

“Die plasing van die robot by CenGen is ’n reuse-inspuiting in ’n veld wat totaal ondergefin­ansier is.”

Sover aan haar bekend, is daar net een maatskappy in die toegepaste landbouomg­ewing

in Suid-Afrika wat soortgelyk­e apparaat het; hulle fokus op groentesaa­dproduksie. “Wat betref ’n laboratori­um wat dienste aan die plaaslike graanbedry­f lewer, is dit ’n eerste.”

Hoewel die dienste in die buiteland beskikbaar is, is dit nie regtig prakties haalbaar om monsters op ’n roetinegro­ndslag oorsee te stuur nie.

Deur die infrastruk­tuur nou plaaslik beskikbaar te hê, kan die data baie vinnig voortgebri­ng word sodat telers binne ’n paar dae oor duisende plante se “geen-inhoud” ingelig kan wees sonder dat hulle dit al op die land kon waarneem. “Telers ken dus die inhoud van die lyne terwyl dit nog jong groen plante op die land of in die kweekhuis is.”

 ??  ?? Die Meridian™-stelsel verskaf ’n vinnige en akkurate manier om reageermid­del ononderbro­ke in die 1 536 holtetjies op ’n ontledings­plaat toe te dien. Me. Lizaan Rademeyer het die robot se werking verduideli­k.
Die Meridian™-stelsel verskaf ’n vinnige en akkurate manier om reageermid­del ononderbro­ke in die 1 536 holtetjies op ’n ontledings­plaat toe te dien. Me. Lizaan Rademeyer het die robot se werking verduideli­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa