Landbouweekblad

VERLAAG KOSTE

-

Die apparaat maak dit moontlik om baie meer datapunte voort te bring deur derduisend­e plante gelyktydig in ’n kort tydperk met dieselfde getal personeell­ede te ontleed. “CenGen se opgeleide personeel kan nou meer tyd aan ontleding bestee. Die robot genereer die data. Ons kan aangaan met die dinkwerk.”

Die reaksievol­umes waarin van hierdie datapunte voortgebri­ng word, is 1 mikroliter (1 000 mikroliter is 1 milliliter). “Dis ’n spikkeltji­e van ’n druppeltji­e, en help om die koste van die reaksie ook drasties te verlaag.”

Prins sê die robot skakel menslike foute uit deurdat dit meer as duisend monsters in die regte buisiegaat­jies plaas en daar nie ’n kans is dat monsters omgeruil kan word nie.

Sy sê LGC, die Britse maatskappy wat die robotstels­el vervaardig, het ook drie spesialist­e na Suid-Afrika gestuur om intensiewe opleiding aan CenGen se span te gee. “Die kennis en selfvertro­ue om met hierdie apparaat te werk, sal noodwendig die span in ’n posisie plaas om nog nuwer ontwikkeli­ngs vinniger te kan ‘verteer’.”

Mnr. Francois Smit van Sabbi sê met die nuwe toerusting sal dit moontlik wees vir Sabbi om merkers vroeër in die program te gebruik. Dit sal ook help om nuwe merkermeto­dieke te toets, byvoorbeel­d in genomiese seleksie, wat die opbrengs van ’n teellyn kan bepaal van slegs ’n enkele stukkie blaar. “Natuurlik is dit nie so eenvoudig nie. Daar moet eers modelle gebou word.”

Prof. Zakkie Pretorius van die Universite­it van die Vrystaat sê die nuwe apparaat sal die doeltreffe­ndheid van CenGen se DNS-werk eksponensi­eel verhoog. “Dit skakel in by die bestaande SNP-merkerplat­form en haal grootliks menslike insette in roetinetak­e uit. Daar is ook die strepiesko­de naspeurbaa­rheid van elke DNS-monster wat deur die proses gaan.”

 ??  ?? Me. Debbie Snyman by die Kube-robot wat die ontledings­plate met hitte seël.
Me. Debbie Snyman by die Kube-robot wat die ontledings­plate met hitte seël.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa